Die rugby gisteraand in die kroeg

Dit was geen verassing dat Suid-Afrika die rugby gewen het nie. Die Bokke was die beste span in die kompetisie en het altyd die beste gespeel en verdien om kampioene te wees. Ek is ‘n bietjie teleurgestel dat ons – Engeland – verloor het maar ons het met elke wedstryd verbeter en die Bokke het ons nie gisteraand gedonner nie.

Ek het die westryd in Cargo in Shoreditch gekyk en het lekker gejol. Almal was baie entoesiasties en vurig en toe die skeidsregter sy fluitjie vir die laaste keer geblars het, het die Bokke ondersteuners begin vier en die Engelse net gaan doen dié wat ons altyd gaan doen – drink baie biers en vergeet daaroor!

Ek het Afrikaans met ‘n paar Afrikaners in die kroeg gepraat maar, soos altyd, het hulle geweier om my te glo toe ek verduidelik hoekom ek die taal goed kan praat (en die rede is – ek het myself dit geleer). Okei almal was dronk en miskien is die idee ‘n breinbliksem. Dit was snaaks maar ook dit pla my ‘n bietjie dat ek selde geglo word maar wat kan ‘n mens doen. Miskien moet ek net lieg en skep ‘n heeltemal vals Suid-Afrikaanse identitiet en voorgee om een van hulle te wees. Hoe meer belaglik my vervals verhaal hoe beter – dié sal snaaks wees. Ek sien daarna uit om julle idees te ontvang!

9 thoughts on “Die rugby gisteraand in die kroeg

  1. My Kop Op 'n Blok!

    Ek was nie elke oomblik so seker ons gaan wen nie! As daardie ou wat amper die drie gedruk het ‘n paar sentimeter binnetoe was, dan was dit dalk ‘n ander storie!

    Maar ek is bly ons het gewen, jammer vir julle – probeer weer volgende keer!

  2. Alexander

    Die Bokke was die beter span en ons kon nie deur die verdediging bars nie. Julle het ook beter geskop. Daar’s altyd Nieu-Seeland 2011!

  3. machiel

    Ek dink dat daai drie gemaak het dat die engelse se moraal bietjie laag was. As daai drie anders verloop het, het SA dalk pak gekry!

    Jy’s reg, ons kan meestal nie glo as ons hoor iemand in die buiteland het homself geleer om ons taal te praat nie!

  4. Alexander

    Machiel jy’s baie reg in jou ontleding van die wedstryd. In die kroeg kon jy sien hoe die Engelse bewonderaars hulle geloof begin verloor het nadat die drie nie toegelaat was nie.

    En die enigste manier ek kan wys dat ek nie-Suid-Afrikaner is nie is dat ek eintlik niks oor rugby weet nie! En dis die waarheid.

  5. Em

    Na my mening, Alex, ist dit vanselfsprekend dat Saffers jou luswerk met Afrikaans uiters verbasend sal vind. Veral omdat jou vlotheid so ongelooflik is. Asemrowend. Die oortreffende trap van die hele geboedel.

    Die Engelssprekendes onder hulle dink miskien aan hul skooldae toe hulle gevoel het asof hulle eintlik gedwing was om Afrikaans te studeer — en dalk ook so bietjie van Volk en Vaderland teenoor King and Country.

    Ek hou verskriklik baie daarvan om Afrikaans te praat en geniet dit as ek die kans kry om Afrikaanssprekendes op die bus of die moltrein af te luister.

    Volgende keer moet jy die ‘bel ‘n maat’ kaart speel. Ek is seker Klei Lat sal nie doekies omdraai nie.

    Vasbyt!

  6. Klei Lat

    Lex, as die ouens jou so oor jou afrikaans, dan hoef jy net vir hulle te se jy is die Koning van die Moddereiland – ek Klei Lat het gese jy kan so se ! Kla !!!!!!!

    As hulle jou dan nog k@k gee, vra hulle om ingils te praat – en comment op hulle aksente !!! Dit sal hulle lekker opwerk !!! whaa haa

  7. Alexander

    Em, dankie vir jou aanmoediging. Ek verstaan Engelssprekendes se staanpunt, maar ek dink net hulle verloor iets as hulle nie die taal probeer praat nie om hulself anders te maak nie.

  8. Alexander

    Johan, jy is die Groot Baas! Ek baie van jou idee, ek sal dit doen!

  9. Eben van Renen

    Hier’s die storie:
    “Eintlik was ek ‘n spioen vir MI5 gewees. Die feit dat ek familie in SA het, het die grootkoppe laat besluit om my aan te wend as spioen in SA. Ek moes Afrikaans leer om in die Broederbond se binnekring deur te dring. Hulle het geglo dat ek ‘n Engelse verraaier was, wat hulle wou help om biologiese oorlogswapens te ontwikkel. Natuurlik was ek in werklikheid ‘n dubbel agent. Die rede hoekom daar nooit ‘n groot oorlog ontstaan het in 1994 is dat ek agter die skerms verskeie planne van die Wit Wolwe gekelder het – (wys ‘n letsel op jou maag soos 50 sent) – hier het Braam de Waal my geskiet, voor ek sy nek gebreek het met my Judo-chop! Na die verkiesing is ek terug geplaas na Londen. Ek is ‘n medalje en ‘n lessenaar werk gegee. Nou is ek hier en geniet net my bier.

    Wat van jou? Hoe het jy Afrikaans geleer praat?”

    Wat dink jy Lex?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam