Category Archives: Alexander

/Xam en Afrikaans

Ek lees tans The Broken String: The Last Words of an Extinct People, oor die uitgestorwe Suid-Afrikaanse taal /Xam. In die 19de eeu het twee Europeërs die poging gemaak om die taal te leer en om ‘n rekord daarvan te hou voordat die laaste mense wat /Xam kon praat, het gesterf. Hulle werk is baie indrukwekkend en ek het hierdie sin baie interessant oor die rol van Afrikaans gevind:

“When /A!kungta arrived he spoke no English, and of course the European linguists spoke no /Xam, so the three began their work together by communicating in Afrikaans, the one language they had in common.”

Toe ons in Namibië was, bemerk ek net hoe belangrik Afrikaans in die suid van die land is. Toe ons in die klein dorpies was, hoor ons dit orals. Toe ons in die restaurants en winkels was – ver van die ander toerieste af – was Afrikaans die taal wat mense praat. Toe ons met die kelnerinne praat, vra ons wat ander tale hulle kan praat want die tale interesseer ons baie. Meestal was dit Afrikaans, toe Duits of Engels en uiteindelik die ou inheemse taal van die San/Khoi. Hul kinders, hulle sê, kan verstaan maar kan nie dié ou tale (goed) praat nie. Hulle leer vir ons ‘n klein bietjie maar ek kon niks onthou nie. Ongelukkig het Afrikaans hierdie tipe tale “gehelp” om uit te sterf.

Om Afrikaans te skryf

Ek het onlangs met Johan van Die Moddereiland Potgooi gepraat en ek het gesê dat ek ‘n bietjie bekommerd is oor om foute te maak wanneer ek Afrikaans skryf. Johan het vir my gesê ek moet nie so bekommerd wees nie en hy is reg. Daar’s veel mense wat Engels met foute skryf maar ons kan tog verstaan.

Gisteraand het ek my hele blog gelees. Ek het in September 2006 begin skryf en toe ek dit lees, onthou ek so veel verskillende dinge en ek besef net hoeveel ek geniet om Afrikaans te skryf. Ja, daar’s spel- en grammatikafoute maar tot dusvêr het niemand gepla of my daaroor gekritiseer nie. Ek wil amper vlot Afrikaans kan praat maar sonder genoeg oefening sal ek nie dit bereik nie.

So sê vir my, wat is die regte – of beter – Afrikaanse woorde vir dié onder:

  • a blog
  • to comment
  • a post
  • an update
  • to update

As daar geen goeie Afrikaanse woorde is nie dan laat ons een maak. So vêr soos moontlik wil ek vermy om net Engelse woorde te verafrikaans tensy dit die aangeneemde woord of vorm is.

Wat ek op Kersfees sal doen

Hierdie Kersfees gaan my vrou met vriende na Argentinë toe op vakansie. Ek is nie heeltemal seker hoekom sy besluit het om te gaan nie omdat sy nie van reis hou nie. Wat dit bedoel is dat ek alleen met die katte tuis vir drie weke sal wees en tensy ek iets reël, is ek bang dat ek net die hele tyd kroeg toe sal gaan!

So hierdie jaar het ek besluit om as vrywilliger vir Crisis in ‘n sentrum vir huislose mense te werk. Ek en ‘n werk kollega het aansoek gedoen so ons nou wag om te hoor as ons dit kan doen. Ek weet nie wat om te verwag nie – okei ek sal verduidelik, ek weet die tipe werk ek sal doen, maar ek besef dat daar ‘n verskil is tussen die verwagting en die realiteit maar ek dink die ervaring sal waarskynlik ‘n groot indruk op my maak.

Afrikaanse boeke

Ek het hierdie week vyf Afrikaanse boeke vir £10 gekoop van ‘n oke op gumtree af. Hy wou hulle verkoop omdat ek terug na Paarl gaan maar ongelukkig het hy geen ander boeke om te verkoop nie. £10 is baie goedkoop en ek was bereid om £20 of meer te betaal maar natuurlik was ek bly met sy keus van prys.

Onder hulle is drie romans deur Koos Kombuis en syne is nie te moeilik vir my om te lees nie. Ek het nou meer as 40 Afrikaanse boeke, 22 Afrikaanse Kuifie boeke (ek soek nou die drie ander) en ‘n groot aantal koerante en tydskrifte.

So ek versamel hulle, maar ek moet hulle begin lees. As jy iets wil leen, laat my weet. Miskien kan ons ‘n Afrikaanse biblioteek in Londen maak.

Suid-Afrikaanse koerante in Londen

Ek is man van roetine. Ek doen dieselfde dinge die hele tyd. Elke vrydagoggend het ek uit die moltrien in Leicester Square stasie afgestap, ‘n tee van Starbucks gekoop en die nuwe uitgawe van SA Times UK gekry. Toe het ek na werk toe geloop. Elke maand het ek Die Stem ook gekry. Dit was baie lekker.

Net ‘n paar maande gelede was daar drie (ek dink) gratis Suid-Afrikaanse koerante in Londen, naamlik SA Times UK, Die Stem en The South African. Maar nou het alles verander. Ek verstaan dat SA Times UK – wat in Engels was maar met ‘n paar berigte in Afrikaans – bankrot gespeel het. Die Stem is nou net ‘n half-blad en een berig in The South African, wat nou die enigtse Suid-Afrikaanse koerante in Londen is.

So ek vra, hoekom? Is daar nie geneog Suid-Afrikaners in Londen om ‘n paar koerante te ondersteun nie? Het niemand die koerante gelees nie? Wil niemand die koerante lees nie? Daar’s nou veel gratis koerante vir mense uit Rusland en Pole so dis ‘n groot skaam.

Wat kan ons doen? Wat wil mense doen?

Hoekom so stil weer?

Ek is nou baie besig met sport (Krav Maga, waaroor ek een dag sal skryf), Duits en werk.

Op Dinsdagaand was die eerste Duitse klas en daar’s nou sewe nuwe mense en ons vier wat verlede jaar se klas voltooi het. Een van die nuwe mense is ‘n Suid-Afrikanse vrou wat baie goeie Afrikaans – en baie goeie Duits – praat so ons het ‘n bietjie gesels. Dit bedoel dat nou ek ‘n ware poging met Duits moet maak as ek nog die beste in die klas wil wees.

Anders nuus? Net gaan Arsenal kyk, sien Metallica op O2 Arena en gaan kroeë toe. ‘n Lui lewe.

Rugby in Twickenham

Gister het ek Twickenham toe gegaan om rugby te kyk. Nou gewoonlik doen ek nie dinge soos dié nie – voetbal is my sport – maar ek het Boland Kavaliers sien speel toe ek onlangs in Suid-Afrika was wat ek geniet het.

Op pad Twickenham toe het ek boerewors van ‘n padstal gekoop wat baie lekker was. Twickenham Stadium is baie indrukwekkend ek moet sê. Ek het nie besef net hoe groot dit is nie. Nie so goed soos Arsenal nie maar nog baie goed. Ons het ‘n baie goeie uitsig van ons sitplekke af. Daar was twee wedstryds om te kyk – eers London Irish teen London Wasps en toe Harlequins teen Saracens. Ek is nie bewonderaar van enige span nie maar ek was meer as bly om te kyk, om bier te drink – wat jy nie op voetbal mag doen nie – en om met my vriende te gesels. Nadat was ons kroeg toe om oor Suid-Afrikaanse rugby en krieket te praat – twee van die ander mense is Suid-Afrikaners. Onderwerpe waaroor ek weet niks!

So ja, baie lekker en ek wil meer rugby kan sien.

Was ek met vakansie in Suid-Afrika? Ek onthou nie

Ek is nou ‘n paar weke terug by die werk nadat Suid-Afrika en Namibië en ek voel dat ek nooit weg was nie! Ek kyk na my foto’s en alles lyk so anders, ek kan nie begin besef dat ek eintlik met vakansie was nie. Ek sit nou by die werk en kyk uit die venster uit oor die bote op die Teems en wens ek weer in die Kaap is.

Toe ek op Kaapstad lughawe was net voordat ek gevlug het, het ek ‘n boek oor ware Suid-Afrikaanse misdaad in Afrikaans gekoop. Dit was amper die enigste Afrikaans boek wat te koop was. Ek moet sê, dis eintlik baie goed om te lees. Nie om oor die ander kant van Suid-Afrika te leer nie, die kant wat almal nie wil sien nie. Nee, dis eintlik erg maklik om te lees en vir leerder soos ek dis belgranik. Ek leer nuwe woorde maar ook as ek nie ‘n woord erken nie dan kan ek gewoonlik raai of werk die sin uit.

Op die ander kant besef ek nou net hoe veel foute ek maak wanneer ek skryf Afrikaans, hoofsaaklik wanneer ek gebruik die verkeerde woord of grammatika. Die verskil is dat as jy ‘n blog skryf dan kan almal my foute sien. Nie die grootste probleem ter wêreld nie en een wat ek kan regmaak.

So die oplossing vir beide probleme? Oefen Afrikaans en maak planne nou vir volgende jaar se vakansie in Suid-Afrika.

Totsiens Barney die kat en julle raad


Ek het ‘n paar maande gelede oor ons siek kat geskryf. Barney het suikersiekte en probleme met sy haart en long gehad en het ook soveel gewig verloor en daar was ongelukkig geen kans dat hy gesond kon word nie. Nadat ons hom met die veeaarts (wat Suid-Afrikaner is) gepraat het, moes ons om Woensdag besluit om hom aan die slaap te maak. Dit was baie treurig veral omdat hy so bly was om ons te sien en hy het die hele tyd gespin en ons het geween. Jy was ‘n gawe kêrel, Barney.

In ander nuus het ek ook onlangs ‘n paar inspuitings gehad voordat ek Namibïe en Suid-Afrika toe gaan. Ek is nie seker of ek ‘n inspuiting vir hondsdolheid moet hê nie. Ek beplan beslis nie om deur ‘n siek dier te gebyt word nie maar dis miskien beter om veilig te wees. As julle vir my oor hiedie onderwerp raad kan gee dan sal ek dit baie waardeer.

Duitse kroeg in Londen

Ek was vandag by Zeitgeist kroeg in Lambeth. Dis ‘n mooi Duitse kroeg waar ‘n mense Duitse bier, Weißbier, kos en die Bundesliga lekker kan geniet. Ons het gegaan om die FC St Pauli wedstryd te sien maar ons moes FC Köln sien maar dit was okei want hulle bewonderaars het vir ons biers gekoop so ons was baie bly. Daarna het ons De Hems toe gegaan wat okei is maar dit was stil en ek weet nie net hoe “Nederlands” dit raak nie maar die bier was goed. Hopelik sal ek Oranje se wedstryd in Euro 2008 daar kan sien.

‘n Gedagte

Ek het vanoggend hierdie maande se uitgawe van Die Stem gekry, wat altyd goed is. Maar dit dit was ‘n verrassing om te sien dat daar ‘n advertensie vir ‘n ontkleedans klub was wat danseresse soek. Is daar tekort Suid-Afrikaanse ontkleedanseresse in Londen? Is daar ‘n vraag daarna? Ons moet beslis uitvind. Ek is Brit so ek weet nie, so miskien julle Suid-Afrikaners kan vir my verduidelik. Wat dink julle? Wat is julle ervaaring?

Okei, nou ek weet ons praat nie meer oor “ontkleedans” nie, dis nou verfynd (behalwe bl. 115 van Helen van Schalkwyk se Teach Yourself Afrikaans waarin Johan en André praat oor om te gaan – dit is dalk ‘n nuttige gesprek vir ‘n leerder en besoeker). Die koerant lyk nou soos ‘n vroulike tydskrif oor mode, reis en lyfstyl en ek hou nog daarvan. Maar dié lyk net baie vreemd.

Klink ek nou soos ‘n konserwatiewe oupa? Ja, ek dink so.

Totsiens Ken

So ons het nou ‘n nuwe burgermeester in Londen gekies.

Ek het nie gedink dat Boris sou wen nie en het beslis nie gedink dat Ken sou verloor nie en ek kan nie goed verduidelik nie. Ja, mense wil die Eertse Minister goed klop, maar Ken is altyd sy eie man onaangetas deur die regering.

Ek het altyd van Ken gehou en ek dink hy het soveel vir ons stad bereik. Ek weet nie hoe anders dit nou sal wees nie maar ek is bereid om te wag en sien wat dit gaan bedoel.

Werk nuus

Ek het vroeër gesê dat ek op ‘n tydelike verhoging by die werk is. Wel ek het hiedie week die werk op ‘n permanente basis op die hoër graad gekry. Geen meer geld nie, maar die belangrike ding is dat dit geen min geld is nie. Nou kan ek die drie weke in Suid-Afrika en Namibïe bekostig.