‘n Siek kat is ‘n dure kat

Ons het hierdie week uitgevind dat ons kat Barney suikersiekte het. Hy’s ‘n groot kêrel so dis geen verrassing nie – die veearts het ons gewaarsku. Hy was 9kg maar in die laaste vier weke het hy omtrent 2kg verloor. Ons moet nou vir hom twee keer elke dag ‘n inspuiting gee en hy moet minder vreet maar dit lyk asof hy reeds verbeter en meer bly is. Gewoonlik is hy nie baie vriendelik nie – hy’s afsydig eintlik en meer as die ander katte – maar nou word hy bly om saam met ons te sit en jol. Daar’s ‘n foto van hom onder.

3 thoughts on “‘n Siek kat is ‘n dure kat

  1. My Kop Op 'n Blok!

    Dink jy nie hy sal sy dieet met muise aanvul as jy hom minder kos gee nie?

    Of is daar nie muise by julle nie?

  2. Alexander

    Barney, vang muise? Nee, ek het hom nooit sien hardloop nie en ons het hom in 1997 gekry! Die ander katte sal miskien een dag die eekhorinkies begin jag!

  3. Eben van Renen

    Ek onthou nog hierdie kat. Toe ons by julle kom kuier het, het ek eers nie geweet wat om te dink nie. Is dit ‘n mak puma? Is dit ‘n kat-tema sofa?

    So, toe was hy maar net ‘n Pat Butcher weergawe van ‘n kat allie tyd gewees.

    Ek is semi-gekwalifiseerd as ‘n fiksheids instrukteur, miskien kan ek ‘n program vir hom uitwerk.(?)
    Maar ek aanvaar nie betalings in (regte) muise nie.
    (Sies! Dis die vuilste wat ek in ‘n lang tyd gepraat het!!!! Sjoe!)

    PS ek het boonste kommentaar self verwyder omdat ek spelfoute gemaak het!

Comments are closed.