En die jaar begin eindig

So vandag is die laaste dag wat ek hierdie jaar werk en dan begin ek twee weke vakansie, hoe lekker. Ek sit nou by my tafel en kyk uit die venster uit oor die Teems en dit lyk asof die son vandag sal skyn en op die noorde wal van die rivier ry ‘n paar motors verby maar dis reeds stiller as meeste dae en daar’s minder bote. Daar’s ‘n paar dinge wat ek vandag moet doen wat belangrik is – en veel dinge wat nie belangrik is nie en wat tot die nuwe jaar sal moet wag – maar daarna sal ek die kantoor om twee-uur verlaat en gaan inkopies doen.

Dis so vreemd dat die dae wat tot Kersfees loop is so pret en almal is opgewonde maar kom die nuwe jaar is ons terug by die werk en ons besef net hoe bankrot ons almal is nadat al die die partytjies en geskenke. Die nuwe jaar eintlik begin na my mening in Februarie. Ongelukkig mag ons nie deur die hele maand Januarie slaap nie. Ons is nie Rip van Winkle nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam