Daily Archives: 24/01/2011

Artikel oor tale in Suid-Afrika

Daar’s ‘n klein artikel hierdie week in The Economist oor die taal situasie in Suid-Afrika, Tongues under threat. Jy kan dit aanlyn lees want jy hoef nie inteken nie.

Daar’s niks nuut in die artikel nie wat ek nie voorheen gelees het nie maar dis tog interessant om te lees dat hierdie onderwerp in ‘n internasionale koerant – en The Economist beskryf homself as ‘n koerant – berig word. Die skrywer se laaste punt is baie interessant:

“Will South Africa’s black languages suffer the fate of the six languages brought by the country’s first Indian settlers 150 years ago? Maybe so, thinks Rajend Mesthrie at the University of Cape Town. For the first 100-odd years, he says, South Africa’s Indians taught and spoke to their children in their native tongues. But English is now increasingly seen as “the best way forward”. Today most young Indians speak only English or are bilingual in English and Afrikaans, though they may continue to chat at home in a kind of pidgin English larded with Indian and Zulu.”

Afrikaans het beslis ‘n rol om te speel om ‘n veeltalige land te bevorder en te maak. Sonder Afrikaans is Engels ‘n groot dreigement bedreiging (dankie, @boerinballingskap vir die verbetering) teen die ander kleiner en inheemse tale. Maar ons moet ook vra, vir hoeveel langer sal mense Afrikaans aan hulle kinders leer?