Daily Archives: 06/01/2011

2011 voel reeds net soos elke ander jaar

Wel dis geen verrassing nie. Die enigste ding dat verander het, is dat ons nou ‘n ekstra “1” in plek van “0” skryf maar alles anders is dieselfde.

Ek het ‘n paar jare gelede my gedagtes oor die nuwe jaar geskryf en my opinie het nie verander nie. Dinsdag was ek terug in die kantoor en soos almal anders het ek net om gedwaal en gehoop dat niemand merk dat ek werk nie. Niemand het gemerk nie want niemand anders het gewerk nie. Dit herinner my aan hierdie berig in The Daily Mash, No Work Done Since Last Tuesday. Dit was afskuwelik.

Gister was nie beter nie en eintlik was dit slegter want mense weet dat hulle nou moet begin werk en toe vandag het ek besef dat ek reeds veel werk het wat ek môre aan my baas moet stuur so nou moet ek vinnig begin uitwerk hoe om weer te dink en dan kan ek my werk doen. Ek is reeds baie moeg maar is bewus dat ek veel werk gaan kry so sal veel minder op my iPhone moet speel en doen altyd vandag wat ek vandag kan doen. Die nuwe jaar lyk so aanloklik.

Op die ander kant het ek geen geld op Starbucks of ander onnodige goede gespandeer nie so miskien sal ek leer hoe om minder geld as gewoonlik te spandeer en noudat die BTW verhoog is, sal ek dalk ‘n bietjie geld spaar. Hoe ‘n mooi vooruitsig.