My besoek na Suid-Afrika kom nader

Ek begin nou besef dat volgende Vrydag ek Kaapstad toe vlieg. Dis net tien dae en ek word nou ‘n bietjie bang!

Ek moet uitwerk wat ek in Kaapstad sal doen en waar ek gaan bly maar ek het idees en ek is seker dat alles goed sal wees. Ek wil familielede ontmoet/weer sien maar dit blyk moeiliker om te reël as ek beplan het.

Die grootste probleem is dat eintlik ek nie daarvan hou om weg van huis af te wees nie (is dit regte Afrikaans?). Ek vind dit baie spanningsvol om te reis. Ek blameer my jeug toe ons so dikwels in verskillende lande gebly het en moes omtrent elke jaar verhuis.

Ek is die wêreld se slegste reisiger!

2 thoughts on “My besoek na Suid-Afrika kom nader

  1. Johan de Vries

    Nie weg van die huis af te wees nie ….. ? ? Nou wat nou. Ek is al opgewonde vir jou part man. Dit is sekerlik beter on Kaapstad toe te gaan as om by die huis te bly.

    Geniet jo trip – en nie te veel Castle suip nie !

  2. Alexander

    Jy ken my – vreet en suip! Net ‘n paar Windhoeks, Klipdrift ens.

    Ek het net nou met Eben en Natalie gepraat en ons is al so opegewonde. Ek wil beslis sandplankry in Namibïe doen.

    Gaan julle SA toe?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam