Tag Archives: Suid-Afrika

Suid-Afrikaans vlae wapper weer op The Mall

As jy op The Mall stap, sien jy die Suid-Afrikaanse vlag wat wapper voor die amptelike besoek van die President van Suid-Afrika. Ek het niet voorheen hieroor geweet nie. Aaangesien dat ek nie te ver van die paleis, parlement en die hoofsetel van die regering werk nie, weet ek maklik wie kom besoek. Ek dink dat hierdie is die eerste amptelike besoek tydens die bewind van die nuwe koning, so ek is bly dat Suid-Afrika die eerste is.

Die Suid-Afrikaanse vlag wapper op The Mall

Die Suid-Afrikaanse vlag wapper op The Mall

Besoek na Suid-Afrika

Dit lyk nou dat ek in November Suid-Afrika toe sal gaan vir ‘n vriend se bruilof buite Kaapstad. Dis ‘n Afrikaanse oke met wie ek gewerk het en hy en sy girlfriend het my uitgenooi – okei jy het daardie stukke inligting uitgewerk – so het ek nou ‘n rede om weer te gaan.

Dit bedoel dat ek nou twee dinge moet doen. Een, moet ek geld spaar en twee, moet ek seker maak dat ek in Mei my drie eksamens slaag, en dan hopelik skryf die eindeksamen in Augustus. So, veel werk en minder geld vir bier.

Ek dink ek sal net vir tien dae kan bly so daar’s familielede in Johannesburg en Kaapstad om te ontmoet, en ek wil ook ‘n ander Afrikaland besoek so die keus is tussen Botswana, Lesotho, Mosambiek (‘n Skotse neef bly daar) en Swasiland. ‘n Ander Afrikaanse vriend het onlangs terug na Suid-Afrika toe verhuis so ons beplan om ‘n biejtie reis te maak sodat ons ‘n paar klein dorpies in die platteland kan besoek sodat ek Afrikaans die hele tyd moet praat. Ek glo daar’s ook ‘n trein diens wat jy tussen Johannesburg en Kaapstad kan neem so dis ‘n mooi weg om die land te sien.