Was ek met vakansie in Suid-Afrika? Ek onthou nie

Ek is nou ‘n paar weke terug by die werk nadat Suid-Afrika en Namibië en ek voel dat ek nooit weg was nie! Ek kyk na my foto’s en alles lyk so anders, ek kan nie begin besef dat ek eintlik met vakansie was nie. Ek sit nou by die werk en kyk uit die venster uit oor die bote op die Teems en wens ek weer in die Kaap is.

Toe ek op Kaapstad lughawe was net voordat ek gevlug het, het ek ‘n boek oor ware Suid-Afrikaanse misdaad in Afrikaans gekoop. Dit was amper die enigste Afrikaans boek wat te koop was. Ek moet sê, dis eintlik baie goed om te lees. Nie om oor die ander kant van Suid-Afrika te leer nie, die kant wat almal nie wil sien nie. Nee, dis eintlik erg maklik om te lees en vir leerder soos ek dis belgranik. Ek leer nuwe woorde maar ook as ek nie ‘n woord erken nie dan kan ek gewoonlik raai of werk die sin uit.

Op die ander kant besef ek nou net hoe veel foute ek maak wanneer ek skryf Afrikaans, hoofsaaklik wanneer ek gebruik die verkeerde woord of grammatika. Die verskil is dat as jy ‘n blog skryf dan kan almal my foute sien. Nie die grootste probleem ter wêreld nie en een wat ek kan regmaak.

So die oplossing vir beide probleme? Oefen Afrikaans en maak planne nou vir volgende jaar se vakansie in Suid-Afrika.

2 thoughts on “Was ek met vakansie in Suid-Afrika? Ek onthou nie

  1. Eben van Renen

    Luister maat, jou Afrikaans beindruk almal! Ek self voel ook gereeld soos jy daar beskryf…hoe meer ek lees, hoe meer kom ek agter dat my eie taalgebruik maar sieklik is… Maar solank as wat ons probeer, sal ons leer, en sal ons meer doeltreffend kan kommunikeer.
    (Jou mos gese ek’s ‘n digter!)

  2. Alexander

    Wel ‘n mens moet altyd wil verbeter! Volgende jaar wanneer ons weer SA toe gaan sal ek ‘n groter poging maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam