Om Afrikaans te skryf

Ek het onlangs met Johan van Die Moddereiland Potgooi gepraat en ek het gesê dat ek ‘n bietjie bekommerd is oor om foute te maak wanneer ek Afrikaans skryf. Johan het vir my gesê ek moet nie so bekommerd wees nie en hy is reg. Daar’s veel mense wat Engels met foute skryf maar ons kan tog verstaan.

Gisteraand het ek my hele blog gelees. Ek het in September 2006 begin skryf en toe ek dit lees, onthou ek so veel verskillende dinge en ek besef net hoeveel ek geniet om Afrikaans te skryf. Ja, daar’s spel- en grammatikafoute maar tot dusvêr het niemand gepla of my daaroor gekritiseer nie. Ek wil amper vlot Afrikaans kan praat maar sonder genoeg oefening sal ek nie dit bereik nie.

So sê vir my, wat is die regte – of beter – Afrikaanse woorde vir dié onder:

  • a blog
  • to comment
  • a post
  • an update
  • to update

As daar geen goeie Afrikaanse woorde is nie dan laat ons een maak. So vêr soos moontlik wil ek vermy om net Engelse woorde te verafrikaans tensy dit die aangeneemde woord of vorm is.

2 thoughts on “Om Afrikaans te skryf

  1. Christine

    Stellenbosch se grootste taal-bul/boffin (Prof. Johan Combrink) het altyd gesê (of ten minste een keer waar ek by was): solank mense nog tegnologiese terme vertaal, sal ‘n taal nooit uitsterf nie. So, eintlik moet alle Afrikaans-sprekendes daarop aandring om slegs die Afrikaanse terme te gebruik. Omdat ek dit self nie doen nie, kan ek nie lekker die terme onthou nie – so hierdie lys is net voorstelle!

    – a blog = ‘n blog (sover ek weet)
    as jy ‘n nerd wil wees, kan jy sê: aanlyn-joernaal 🙂

    – to comment = om kommentaar te lewer; of: om te reageer
    jy byvoorbeeld (onderaan elke blog-inskrywing) “Comments” verander na “Reaksies”
    i.e. jy het 1 reaksie (of 3 reaksies)

    – a post = ‘n inskrywing (i.e ‘n blog-inskrywing)

    – an update = mmmm ek kan nie aan ‘n woord hiervoor dink nie. as jy wil sê “my next update”, kan jy sê “my volgende inskrywing”; of: “my vorige/nuutste/eerste inskrywing”

    – to update = opdatteer (i.e. ek het/gaan my blog opdatteer)

  2. Alexander

    Ek hou van daai voostelle. Ek weet dat soms ek Englese woorde moet gebruik, veral blog. Daar’s nike verkeerd daarmee nie maar dis goed om te weet of daar ‘n meer inheemse Afrikaanse woord is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam