Category Archives: Alexander

Muse

Donderdag het ons Muse in O2 Arena in Londen gaan sien. Niks veel om te berig nie sonder om te sê dat hulle fantasties was en ons het ‘n goeie uitsig gehad. Nes altyd daar’s foto’s onder.

Moeilik om te beskryf

Moeilik om te beskryf

Indrukwekkende video's

Indrukwekkende video's

Ligte

Ligte

Rook

Rook

Probleme met WordPress

Weet almal as daar probleme met WordPress is? My skakellys aan die regs het vanoggend verdwyn en ek kan nie uitwerk wat ek moet doen om dit te herstel nie. Natuurlik en ongelukkig ken ek baie min oor rekenaars (en rekeningkunde!) en sagteware so as jy kan help, laat my weet asseblief.

_______
Okei dit blyk nou uitgesoort te wees, ek weet nie wat plaasgevind het nie.

Afrikaans en voetbal

Gisteraand het ek na die Zeitgeist Duitse kroeg toe met Johan, Willem, Chris, Natasha en Ron gegaan en ons het lekker gekuier. Dit het my aan die dae van die oorspronklike Afrikaanse koffiekroeg herinner en ons het gesels en gelag in Afrikaans en Engels. Ek kan nie sê dat ons al die wêreld se probleme uitgesoort het maar miskien ander keer. So dink ek ons sal weer op ‘n meer gereelde basis ontmoet en miskien ‘n paar meer potgooie maak en hopelik ook ‘n paar ander sprekers vind.

Vanaand het ek na die Arsenal teen Tottenham Hotspurs wedstryd toe gegaan, die North London Derby. Ons, Arsenal, het nie sedert 1999 teen Spurs in die liga verloor nie en het elke seisoen sedert 1994-95 bo hulle gekom. Hierdie seisoen is Spurs baie hoopvol en praat in die koerant hoe hulle nou so goed soos ons of beter is so almal was baie opgewonde toe hulle na Emirates Stadium gekom het. Twee ooms en hulle kinders in Johannesburg is ook Spurs bewonderaars. Hulle sal altyd teleurgestel wees.

Wat kan ek sê, ons het hulle goed geklop, dit was 3-0. Ons het twee doele binne 11 sekondes gekry – die snelste twee doele ooit in die liga – en toe was daar net een span in die wedstryd. Dit was fantasties en ons almal het gesing en gelag en die atmosfeer onder ons was briljant, beter as ‘n mens kon glo.

Hulle afrigter klink so bitter op die radio as hy probeer verduidelik wat plaasgevind het en hoe hulle heeltemal gedonner is, hy weier om te erken hoe beter ons was en sê “there wasn’t a good goal amongst them” en “I could see us certainly getting a big result”. Ja ek verstaan hoe ‘n afrigter moet praat en hy wil moedig lyk, maar niemand stem saam met hom nie, dis baie snaaks. Dis hoe jy die verskil tussen ‘n goeie span en baie goeie span ken, die bekwaamheid van die baie goeie span om iets so skouspelagtig te kan doen dat dit die wedstryd verander, iets wat die ander span kan nie doen nie. Hulle was te besig om te sê hoe goed hulle is en toe het ons hulle gewys dat dit nie so is nie. Man, dit was was uitstekend. Vanaand is ons nes altyd die konings van noord-Londen.

Boring, boring Arsenal!

3-0 to the Arsenal!

3-0 to the Arsenal!

Aanval!

Aanval!

Die avonture van Kuifie

Koning Ottokar se Septer

Koning Ottokar se Septer

Ek is ‘n groot bewonderaar die van avonture van Kuifie en lees tans Koning Ottokar se Septer. Kuifie is altyd baie pret en ons almal ken hom van kleins af. ‘n Joernalis wat nooit ‘n berig skryf nie (hoe ironies), wat oor die hele wêreld dwaal om te ondersoek en om alles en almal te red, amper soos ‘n geheime agent. Anngesien hou ek so veel van België, volg dit dat ek van die boeke hou.

Ek het onlangs gelees hoeveel navorsing Hergé gedoen het en die boeke is soms deur ware situasies geïnspireer. Byvoorbeld, Koning Ottokar se Septer vertel die politieke situasie in ‘n fiksiese land in die Balkan-skiereiland in die 1930s wat deur sy buurland gedreig word, ‘n bietjie soos Albanië en Roemenië of die Anschluß tussen Duitsland en Ostenryk. Die Syldaviaanse taal (briljant, ‘n webblad!) is op Marolliens, ‘n ou Brussel dialek van Nederlands, gebaseer so blyk hy ‘n bietjie te geken het, byvoorbeeld met die nasionale motto “Eih bennek, eih blavek!” wat “Hier ben ik, hier blijf ik” in Nederlands bedoel.

Toe ek verlede jaar in Suid-Afrika was het ek ‘n klompie boeke gekoop en ek het reeds ‘n paar van Kalahari af gekry. Daar is nou net twee boeke wat ek soek, Kuifie in die Land van die Sowjets en Kuifie in die Kongo. Baie min mense ken Kuifie in die Land van die Sowjets wat sy eertse avontuur is en ek lees dat Kuifie in die Kongo in Afrikaans nie gepubliseer sal word nie weens die sensitiwiteite oor die onderwerp en konnotasies met die taal nes jy sou dink. Dis ‘n bietjie jammerte want dis beskikbaar in ander tale en ek wil die hele reeks hê, maar ek verstaan hoekom; ek onthou hoe kontentsieus dit was toe die nuwe Engelse uitgawe gepubliseer is. Ek lees dat Hergé later foute met daardie boeke erken het en het die boek in volgende uitgawes ‘n bietjie verander maar die oorspronklike kritiek is ‘n geldige reed. ‘n Vriend sê toe hy jong was het hy ‘n kopie gehad so miskien sal ek ‘n kopie in ‘n tweedehande boekwinkel vind.

Een ander ding is dat die boeke nie moeilik is om te lees nie. Jy kan maklik die sin volg en raai oor die betekenis van sekere woorde as jy weet nie. Miskien sal ek nie die woorde elke dag of ooit sê nie, maar dis ‘n mooi tipe ou Afrikaans in die vertalings.

So is Kuifie miskien die beroemdste Belg?

Om by die huis te werk

Ek is hierdie week weer op vakansie, ek gaan nie na die kantoor toe nie. Die idee is dat ek vir my CIMA wet eskamen sal kan studeer. Die realiteit is dat ek veel werk het om te doen en dis nou baie belangrik dat ek dit afhandel. Gelukkig het ek ‘n werk skootrekenaar so ek kan inteken en werk, as ek kan uitwerk hoe alles daarop te doen – ek is nie die slimmste ou met rekenaars nie!

Hoe pret, hoe tipies van my.

Ek slaag in een eksamen en verwag in die toekoms om in anders te sukkel

Dit was geen verrassing dat ek ‘n paar weke gelede my CIMA eksamen gedop het nie; ek moet erken dat ek baie min oor bestuursrekeningkundige ken so gister het ek dit weer geskryf. Jy skryf hierdie eksamens op die rekenaar dus vind jy dadelik uit as jy geslaag of gedop het. Jy moet 50 persent of meer kry en op hierdie keer was ek nie die ou wat gedop het nie. Ek het 50 persent gekry. Ja, ek sal in die komende modules sukkel. Sal ek my droom kan volg om ‘n rekenmeester te word…

Stuttgart

Ons het op die naweek na Stuttgart toe gegaan want my vrou K se rollerderdy span het teen die Stuttgart span gespeel. Sy het nie nie gespeel nie maar wou gaan kyk en ek het besluit om saam te gaan want ek wou Duitse vriende weer sien. Ook was die laaste keer hierde jaar om na Duitsland toe te gaan en ek geniet elke kuier.

Ek was nooit vroeër in Stuttgart nie en dit lyk mooi en stil – wel beslis stiller as Londen. Dit lê in die Duitse wynbougebied en jy kan van die stadsentrum af wingerde orals in hange van die berge en heuwels sien, minder as ‘n myl van hoofstasie af. Ek kan nie sê dat ek Duitse wyn ken nie, in Engeland dink ons na Liebfraumilch maar ek verstaan dat daar goeie Duitse wyne is. As hulle so goed soos Suid-Afrikaanse wyn is – wel weet ons al die antwoord.

Mense ken Duiste bier beter. Ons het ook na die Cannstatter Volksfest toe gegaan. Ons het nie geweet dat Stuttgart sy eie beroemde bierfees hou nie en dis kleiner as Oktoberfest. Veel mense dra tradisioniele klere, die manne in lëderhosen en die vroue in volkrokke soos jy in foto’s oor Duitsland sien. Ek lees dat dit tweede grootste volksfees/bierfees in Duitsland is maar minder toeriste gaan as na München so die atmosfeer was ‘n bietjie anders. Noudat ek dit ken, sal ek hopelik volgende jaar gaan.

Toe het ons net die gewone ding gedoen – gepaartie met die Duitsers en het baie min geslaap. Ek was dus baie bly toe ek huistoe gekom het sodat ek kon slaap! ‘n Baie pret naweek.

Franz Schubert

Franz Schubert

Nuwe chilli plante

Hier’s my nuwe chilli plante in my kantoor. Tans groei omtrent twintig chillis. Ek het vier ander plante by die huis waarop ‘n klompie chillis ook groei. Ongelukkig is die uitsig deur die venster uit nie so goed soos my ou sitplek nie.

Die chilli plants is die enigste susksevolle aspek van my huidige werk

Die chilli plante is die enigste susksevolle aspek van my huidige werk

Eksamen môreoggend

Môreoggen skryf ek my tweede CIMA eksamen, Fundamentals of Management Accounting of Fundamentele van Bestuursrekeningkunde. Ek kan nie sê dat ek dink ek sal slaag nie maar wie weet wat sal gebeur. As ek druip, mag ek dit weer skryf want ek is nog beginner en ek leer nou net hoe om te tel en om op te tel. Moenie lag nie, dis baie moeilik vir my!

Dis snaaks want dit is waar

Dit is The Sisters Of Mercy, asseblief!

Ek moet sê ek het The Sisters op veel kere in VK, Europa en Amerika sien speel. Altyd uitstekend en elke keer speel hulle, gaan ek as ek kan. Miskien hoef ek ‘n bietjie meer ambisieus te word? Of miskien nie.

Edinburg is anders as wat ek onthou

Ons het op die naweek weer na Edinburg toe gegaan om familielede te sien en ek begin nou van Edinburg te hou. Nou weet ek dat jy sal sê hoe mooi die stad is ens, maar onthou asseblief dat ek op ‘n paar keer as jong in Skotland gebly het en soos elke tiener was ek baie verveld. Ons het ‘n mooi verblyf gehad en ons hotel was fantasties, so geod dat ons wil gaan besoek net sodat ons weer in die hotel kan bly. Ons het ook my pa en broer, sy vrou en kinders gesien en het ook ‘n vriend van universiteit ontmoet wat ons nie sedert 1997 gesien het nie.

So blyk dit dat ons in ‘n paar maande terug sal gaan.

Adam Smith, 'n groot invloed op Stringer Bell

Adam Smith, 'n groot invloed op Stringer Bell

'n Verduideliking oor die oorspong van Dr Jekyll en Mnr Hyde

Dean Brodie, die inspirasie vir Dr Jekyll en Mnr Hyde

Om op die selfoon op te dateer

Okei so dateer ek nou op my selfoon op om uit te vind as ek dit kan doen. Was ‘n bietjie vroeër by die Arsenal wedstryd – ons het 4-0 gewen – en ek sit nou in ‘n kroeg op Holloway Road – nie ver miskien van die mitologiese Championship Vinyl af nie – as ek vir my Swedese tjommie wag om hierso te kom. Hierdie is die ware Londen, nie daai wes-Londen vol ryke mense met dure huise soos Notting Hill nie. Dis my noord-Londen, ‘n egte ervaring van gewone inwoners en ek wil niks anders hê nie; ek kan niks anders beskostig nie!

Totsiens, thelondonpaper

Totsien thelondonpaper, jy was die beste. Jou mededingers is niks.

Dis ‘n groot jammerte dat jy nou toe is. My ry huistoe sal nooit weer dieselfde wees nie. Persoonlik blameer ek James Murdoch. Ek vertel jou nou, niemand bereid sal wees om te betaal om koerante en nuus aanlyn te lees nie. En ook, die BBC is soveel beter as jou besigheid dat niemand omgee wat jy dink nie.

HIGCSE Afrikaans

Ek onthou nou wat ek wou skryf, ek wou oor die HIGCSE Afrikaans praat wat ek ‘n paar maande verlede bespreek het.

Verlede Saterdag, voor die rugby, het ek na die SOAS taal skool se open day gegaan want ek het in die korte Zoeloe klas belanggestel. Ongelukkig is daar nie genoeg mense vir hierdie termyn nie maar hulle sê hulle sal miskien in April voor die Wêreldbeker die klas loop sodat joernaliste ‘n bietjie van ‘n inheemse Afrika-taal kan leer. Ek het ook gehoop om die onderwyseres te ontmoet want sy gee onderwys in in Afrikaans en Zoeloe maar sy was baie besig so het ek my selfoon nommer gegee.

Maandag het ek haar gebel en ons het ‘n bietjie gepraat, in die besonder oor Afrikaanse klasse en toe het ek ‘n e-pos aan haar gestuur. Sy het terug geskryf om te sê dat behalwe ‘n paar baie foute was my Afrikaans baie goed, dat ek werklik geen probleem sal hê om die Cambridge eksamen te skryf nie en ook dat ek nie by haar groepklasse sal baat nie. Dit lyk dan asof ek ‘n klompie private klasse moet neem. Ek is die foendi!

Ek hoop nou om die Afrikaans HIGCSE Cambridge eskamen te skryf en ek glo dit sal nie te groot ‘n probleem wees nie. Ek moet die besonderehede uitwerk maar hopelik kan ek dit en CIMA skryf.

As jy belangstel, is vol besonderhede beskikbaar hier.