German Film Festival in Londen

Wil iemand hierdie maand na die German Film Festival toe kom? Elke jaar wil ek gaan en elke jaat gaan ek nie so vanjaar sal ek beslis gaan. Ek hou baie van Duitse en Duitstalige rolprente en daar’s veel onlangse suksesvolle rolprente soos Goodbye Lenin!, Das Leben Der Anderen en Die Fälscher. Hulle wys hoe ryk en intelligent die kultuur van Duitsland en Oostenryk is. Ek hou daarvan om na Duits te luister maar ek kan maar ‘n bietjie volg. Miskien sal ons een dag ‘n Duitstalige rolprent uit Namibië kan kyk.

Na my mening is Duitse rolprente so veel meer interessant en genietbaar as al die afskuwelike Engelse rolprente met dieselfde stereotipiese Britse ryke idiote en arme helde. Ek verstaan nooit hoekom sekere Britse rolprente baie suksevol is nie, hulle gee ‘n valse idee oor moderne Brittanje wat mense oorsee nog glo. Daar’s ‘n paar goeie Britse rolprente soos This Is England, Trainspotting of Withnail & I (okei dis nou ‘n ou rolprent) – ek weet daar’s anders maar ek kan nie tans hulle name onthou nie – maar dit blyk so selde te wees. Almal hier is so trots op die Britse rolprent nywerheid maar hulle felisiteer net hulself en dink hulle is nog belangrik. Miskien kyk mense eerder rolprente wat uit ander lande as hulle s’n kom.

En as ons oor die onderwerp van nasionale rolprente gesels, waar is die nuwe Afrikaanstalige rolprente?

7 thoughts on “German Film Festival in Londen

  1. christine

    Ek hou ook van Duitse flieks. Goodbye Lenin was classic. As jy iets nuuts in Afrikaans wil sien, moet jy dit self maak!
    Daar’s baaaaaie goeie Britse flieks naas Withnail & I en Trainspotting. Uhm, ok, dalk nie so baie nie, want ek kan ook nie die name onthou nie.
    Maar nie een van die’s waaraan ek dink is deur Guy Ritchie gemaak nie. Wat van The Hours, Atonement, Notes on a Scandal, English Patient. The Commitments was ook baie cool. En enigiets met Anthony Hopkins.

  2. Alexander Post author

    Behalwe The Commitments wat Iers is, is al daai flieke stereotipiese Britse flieke waarvan ek nie hou nie en waaroor ek bo gekla het. Daar’s baie min goeie moderne Britse flieke wat nie oor klas geobsesseerd is nie. As my boeke verfilm sal word, sal daar dan ‘n ander goeie Afrikaanse fliek wees maar eers moet ek dit skryf!

  3. Rustig

    Gee my Europese rolprent enige tyd. Hulle gebruik egte mense om rolle te vertolk waarmee jy jouself kan vereenselwig. Ek kyk Hollywood prente as ek nie lus het vir dink nie en die rekenaar 80% van die rolprent gemaak het. My duits en fans is nou nie o goed nie so ek hou maar by die “subtitles” of ondergeskrifte in Afrikaans.

  4. christine

    Maar Brittanje IS klassisties. En iets soos Notes on a Scandal is nie totaal onrealisties nie. Aan die ander kant (klas-gewys) was daar Dirty Pretty Things wat ook goed was, en ook nie totaal onrealisties nie.
    ‘n Klas-lose Engelse weergawe van (bv) High Fidelity sou wel cool gewees het.

  5. Alexander Post author

    Ek ontken nie dis klassisties nie – elke land het sy eie sosiale struktuur wat op klas, ras, godsdiens ens gebasseer is – maar dit volg nie dat meeste flieke uit my land klas as die onderwerp sal moet hê nie. Realisties en onrealisties is iets anders.

    Ek het nooit gedink High Fidelity is ‘n tipiese klassistiese verhaal nie.

  6. christine

    Sorry – het eintlik bedoel om te sê “‘n Engelse weergawe van (die klas-lose) High Fidelity sou cool gewees het”.

  7. Alexander Post author

    Ons moet nie vergeet dat daar’s ook veel baie kak Europese flieke nie. Ek het vandag ‘n advert vir ‘n ware Eurotrash flieke gesien wat wat my herinneer het. Miskien is hulle nie al so gesofistikeerd soos hulle wil hê ons glo nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam