Afrikaans en voetbal

Gisteraand het ek na die Zeitgeist Duitse kroeg toe met Johan, Willem, Chris, Natasha en Ron gegaan en ons het lekker gekuier. Dit het my aan die dae van die oorspronklike Afrikaanse koffiekroeg herinner en ons het gesels en gelag in Afrikaans en Engels. Ek kan nie sê dat ons al die wêreld se probleme uitgesoort het maar miskien ander keer. So dink ek ons sal weer op ‘n meer gereelde basis ontmoet en miskien ‘n paar meer potgooie maak en hopelik ook ‘n paar ander sprekers vind.

Vanaand het ek na die Arsenal teen Tottenham Hotspurs wedstryd toe gegaan, die North London Derby. Ons, Arsenal, het nie sedert 1999 teen Spurs in die liga verloor nie en het elke seisoen sedert 1994-95 bo hulle gekom. Hierdie seisoen is Spurs baie hoopvol en praat in die koerant hoe hulle nou so goed soos ons of beter is so almal was baie opgewonde toe hulle na Emirates Stadium gekom het. Twee ooms en hulle kinders in Johannesburg is ook Spurs bewonderaars. Hulle sal altyd teleurgestel wees.

Wat kan ek sê, ons het hulle goed geklop, dit was 3-0. Ons het twee doele binne 11 sekondes gekry – die snelste twee doele ooit in die liga – en toe was daar net een span in die wedstryd. Dit was fantasties en ons almal het gesing en gelag en die atmosfeer onder ons was briljant, beter as ‘n mens kon glo.

Hulle afrigter klink so bitter op die radio as hy probeer verduidelik wat plaasgevind het en hoe hulle heeltemal gedonner is, hy weier om te erken hoe beter ons was en sê “there wasn’t a good goal amongst them” en “I could see us certainly getting a big result”. Ja ek verstaan hoe ‘n afrigter moet praat en hy wil moedig lyk, maar niemand stem saam met hom nie, dis baie snaaks. Dis hoe jy die verskil tussen ‘n goeie span en baie goeie span ken, die bekwaamheid van die baie goeie span om iets so skouspelagtig te kan doen dat dit die wedstryd verander, iets wat die ander span kan nie doen nie. Hulle was te besig om te sê hoe goed hulle is en toe het ons hulle gewys dat dit nie so is nie. Man, dit was was uitstekend. Vanaand is ons nes altyd die konings van noord-Londen.

Boring, boring Arsenal!

3-0 to the Arsenal!

3-0 to the Arsenal!

Aanval!

Aanval!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam