Die avonture van Kuifie

Koning Ottokar se Septer

Koning Ottokar se Septer

Ek is ‘n groot bewonderaar die van avonture van Kuifie en lees tans Koning Ottokar se Septer. Kuifie is altyd baie pret en ons almal ken hom van kleins af. ‘n Joernalis wat nooit ‘n berig skryf nie (hoe ironies), wat oor die hele wêreld dwaal om te ondersoek en om alles en almal te red, amper soos ‘n geheime agent. Anngesien hou ek so veel van België, volg dit dat ek van die boeke hou.

Ek het onlangs gelees hoeveel navorsing Hergé gedoen het en die boeke is soms deur ware situasies geïnspireer. Byvoorbeld, Koning Ottokar se Septer vertel die politieke situasie in ‘n fiksiese land in die Balkan-skiereiland in die 1930s wat deur sy buurland gedreig word, ‘n bietjie soos Albanië en Roemenië of die Anschluß tussen Duitsland en Ostenryk. Die Syldaviaanse taal (briljant, ‘n webblad!) is op Marolliens, ‘n ou Brussel dialek van Nederlands, gebaseer so blyk hy ‘n bietjie te geken het, byvoorbeeld met die nasionale motto “Eih bennek, eih blavek!” wat “Hier ben ik, hier blijf ik” in Nederlands bedoel.

Toe ek verlede jaar in Suid-Afrika was het ek ‘n klompie boeke gekoop en ek het reeds ‘n paar van Kalahari af gekry. Daar is nou net twee boeke wat ek soek, Kuifie in die Land van die Sowjets en Kuifie in die Kongo. Baie min mense ken Kuifie in die Land van die Sowjets wat sy eertse avontuur is en ek lees dat Kuifie in die Kongo in Afrikaans nie gepubliseer sal word nie weens die sensitiwiteite oor die onderwerp en konnotasies met die taal nes jy sou dink. Dis ‘n bietjie jammerte want dis beskikbaar in ander tale en ek wil die hele reeks hê, maar ek verstaan hoekom; ek onthou hoe kontentsieus dit was toe die nuwe Engelse uitgawe gepubliseer is. Ek lees dat Hergé later foute met daardie boeke erken het en het die boek in volgende uitgawes ‘n bietjie verander maar die oorspronklike kritiek is ‘n geldige reed. ‘n Vriend sê toe hy jong was het hy ‘n kopie gehad so miskien sal ek ‘n kopie in ‘n tweedehande boekwinkel vind.

Een ander ding is dat die boeke nie moeilik is om te lees nie. Jy kan maklik die sin volg en raai oor die betekenis van sekere woorde as jy weet nie. Miskien sal ek nie die woorde elke dag of ooit sê nie, maar dis ‘n mooi tipe ou Afrikaans in die vertalings.

So is Kuifie miskien die beroemdste Belg?

7 thoughts on “Die avonture van Kuifie

  1. Rustig

    Alexander: Het so paar jaar terug ‘n Kuifie DVD “boxset” gekoop by Virgin Stores. Jammer die hardeband is so verdomp duur. Natuurlik my heel gunsteling is Asterix en Obelix. Ek twyfel of daar ooit ‘b teken reeks is wat so baie vermaak kan skep.
    Daar is Afrikaanse Blog met name “Die Piesangverkoper”. Hy het so tyd terug ‘n pos gehad oor die Kongo boek van Kuifie.

  2. Alexander Post author

    Ek het Die Piesangverkoper gesoek maar dis nie aanlyn nie, dis ‘n jammerte. Maar waar is die Afrikaanse taal se eie comics en graphic novels, bestaan hulle of is daar baie min?

  3. christine

    Die nimlike Piesangverkoper was eens op ‘n tyd my flatmate 🙂
    Die blog is glo net tydelik offline.

    Ek dink Eddy Merckx wen die kompetisie vir Wie’s die Beroemdste Belg.
    (Kan nie eintlik aan nog dink nie?)

    Enigste Afrikaanse comic waarvan ek weet = Bitterkomix, deur Mark & Anton Kannemeyer en Konrad Botes. Check in Google Books.

  4. Alexander Post author

    Ja Eddy Merckx is miskien die beroemdste “ware” Belg. Op die ander kant Tintin baie blyk intelligent te wees want hy praat soveel tale in sy boeke – Frans, Engels, Afrikaans ens 🙂

    Ek sal na daardie boeke soek. Die enigste boeke wat ek het is Agent Snoet en Stormkaap: Drome kom altyd andersom uit.

  5. Rustig

    Dink die naaste wat ons kom aan “comics” in Afrikaans, is TO Haniball se Adoons en Oom Kaspaas. Alexander jy moet so bietjie gaan kyk of jy hulle kan kry. Dink dit is so paar jaar terug in hardeband uitgegee.

  6. Pingback: The Big Bad Bitterkomix Handbook | The African Art Store

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam