Voetbal, die ware sport

Gister het ek die Arsenal wedstryd teen Derby gaan sien. Dit lyk asof ek nou die hele tyd kan gaan – dit was die tweede keer hierdie week en ek gaan ook weer terug om Dinsdagaand. Ja, ek moet in die hemel sit en die kaartjie was meer as ‘n bietjie duur maar om die span so fantasties te sien speel as hulle Derby donner was briljant. Mense het vroeër gesê het dat ons hierdie jaar sal gaan sukkel en die seisoen is maar twee maande oud – wel tans sit ons bo-op die Premiership en dis genoeg vir die bewonderaars.

Daar’s ‘n paar foto’s onder.

2 thoughts on “Voetbal, die ware sport

  1. Klei Lat

    Daar is net een ware sport….. rugby ….. sokker is vir girls 😉

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam