En die jaar begin eindig

So vandag is die laaste dag wat ek hierdie jaar werk en dan begin ek twee weke vakansie, hoe lekker. Ek sit nou by my tafel en kyk uit die venster uit oor die Teems en dit lyk asof die son vandag sal skyn en op die noorde wal van die rivier ry ‘n paar motors verby maar dis reeds stiller as meeste dae en daar’s minder bote. Daar’s ‘n paar dinge wat ek vandag moet doen wat belangrik is – en veel dinge wat nie belangrik is nie en wat tot die nuwe jaar sal moet wag – maar daarna sal ek die kantoor om twee-uur verlaat en gaan inkopies doen.

Dis so vreemd dat die dae wat tot Kersfees loop is so pret en almal is opgewonde maar kom die nuwe jaar is ons terug by die werk en ons besef net hoe bankrot ons almal is nadat al die die partytjies en geskenke. Die nuwe jaar eintlik begin na my mening in Februarie. Ongelukkig mag ons nie deur die hele maand Januarie slaap nie. Ons is nie Rip van Winkle nie.

Duits en Guitar Hero 2

Vandag was die laaste Duitse klas voor Kersfees en ons het Lola Rennt gesien wat baie goed was. Alles gaan goed met die klas en ek hou baie van die taal, veel meer as of Nederlands of Sweeds wat ek geleer het. Ek wil al lang tyd Duits leer en noudat ek dit doen vind ek dit nie te moeilik nie. Ja, ek het net tien lesse gehad en ek praat dit nie goed nie, maar ek voel elke week leer ek iets nuuts en ook ek wil iets nuut leer. Ek moet net my woordeskat vergroot, ek dink die grammatika sal baie interessant wees. Natuurlik is daar aspekte wat anders as Afrikaans is en daar’s ook aspekte wat tipiese van Wes-Germaanse tale is.

Gister het ons Guitar Hero 2 op die Playstation 2 gekoop en daai speletjie rocks! Gewoonlik stel ek geen belang in rekenaar speletjies nie – my vrou hou daarvan – maar hierdie een is briljant en dink ons sal die oor die hele Kersfees vakansie speel. Ons sal ook ‘n Guitar Hero partytjie hou as julle wil bywoon.

Familie nuus uit Suid-Afrika

My pa bel my vroeg vanoggend om my te laat weet dat ons ouma (sy ma) in Johannesburg gesterf het. Dit was geen verassing nie, sy was baie siek in hospitaal en ons almal het dit verwag. Dis natuurlik baie treurig en sy was ook die enigste familielid in Suid-Afrika wat almal in kontak was en nou sonder haar sal ons miskien onder mekaar begin ophou praat.

Ons het haar altyd Granny in Africa genoem – iets wat beide waar en uitheems was! Vir ons op die ander kant van die wêreld was sy heeltemal anders as ons Britse ouma. Dit het bedoel ook dat ons haar selde gesien het. Toe ek jong was het sy dikwels boeke aan my gestuur wat ek haar gevra het om te vind. Dié was niks veral belangrik nie maar net iets wat moeilik was om in VK te kry en sy kon hulle dikwels kry, gewoonlik uit die plaaslike biblioteek – ek weet nie of ek nou ‘n groot boete moet betaal nie! Ek is ook die enigste van ons wat ‘n belang in familie geskiedenis stel en sy het vir my dinge vertel wat my altyd geïnteresseer het. Sy het my altyd met Afrikaans aangemoedig en het boeke en tydskrifte aan my gestuur en was baie trots op my – en sy was Engelssprekend.

Die familie het besluit om hierdie week ‘n klein begrafnis te hê en dan in Februarie ‘n gedenksdiens wat almal en ek, my pa en een broer (ons is in VK) sal kan bywoon. Ek het beplan om ‘n paar weke in Suid-Afrika te gaan bly maar nou sal dit miskien makliker wees om my planne te verander (en baie makkliker om vliegkaartjies te koop) en dis ook ‘n fantastiese geleentheid om sekere familielede te ontmoet wat ons ken nie.

Die rugby gisteraand in die kroeg

Dit was geen verassing dat Suid-Afrika die rugby gewen het nie. Die Bokke was die beste span in die kompetisie en het altyd die beste gespeel en verdien om kampioene te wees. Ek is ‘n bietjie teleurgestel dat ons – Engeland – verloor het maar ons het met elke wedstryd verbeter en die Bokke het ons nie gisteraand gedonner nie.

Ek het die westryd in Cargo in Shoreditch gekyk en het lekker gejol. Almal was baie entoesiasties en vurig en toe die skeidsregter sy fluitjie vir die laaste keer geblars het, het die Bokke ondersteuners begin vier en die Engelse net gaan doen dié wat ons altyd gaan doen – drink baie biers en vergeet daaroor!

Ek het Afrikaans met ‘n paar Afrikaners in die kroeg gepraat maar, soos altyd, het hulle geweier om my te glo toe ek verduidelik hoekom ek die taal goed kan praat (en die rede is – ek het myself dit geleer). Okei almal was dronk en miskien is die idee ‘n breinbliksem. Dit was snaaks maar ook dit pla my ‘n bietjie dat ek selde geglo word maar wat kan ‘n mens doen. Miskien moet ek net lieg en skep ‘n heeltemal vals Suid-Afrikaanse identitiet en voorgee om een van hulle te wees. Hoe meer belaglik my vervals verhaal hoe beter – dié sal snaaks wees. Ek sien daarna uit om julle idees te ontvang!

Meer rugby en vakansie planne

Ek het ‘n vriend wat geen belang in sport stel nie maar elke twee jare word hy geïnteresserd in die voetbal Wêreldbeker of Europeese Kampioenskap en lees die koerante en leer al die feite en daarna vergeët hy alles tot die volgende keer. Wel, het ek nou dié ou oor die rugby geword!

Gisteraand het die rugby in die kroeg in Muswell Hill gaan kyk en het dit baie geniet. Gelukkig weet my vriende veel meer as ek so ek kan nou al die feite wat ek uit die koerante gelees het, met hulle verdeel en klink soos ek eintlik oor rugby weet. Ek het vroeë geskryf ek hoop dat die Bokke die beker sal gaan wen nadat hulle ons gedonner het maar nou ek glo ons kan slaag so ek moet my opinie verander. Die enigste probleem nou is dat om Saterdag ek Aardvark toe gaan om Beeskraal te sien en so sal die finaal in die kroeg moet kyk – moontlik die enigste Engelsman onder al die Bokke mense.

My vrou en ek het ‘n vakansie in New York in November gekoop. Ons wil net die tipiese toeriste aantreklikhede ervaar – Taco Bell, Central Park, Ellis Island, Statute of Liberty, al die plekke uit rolprente ens. Niks kultureel nie. Dis nie ons nie. Ons wil soos opgewonde besoekers oor die stad dwaal en foto’s neem. Ek wil ook uitvind wat nog oor die Nederlandse koloniale tydperk bestaan en as iemand weet dan laat my weet. Ek weet daar’s die graf van Peiter Stuijversant maar wil iets meer vind.

Ek gaan Reading Festival toe!

Binnekort vertrek ek Reading Festival toe om die musiek, die bier, die mense, die modder, die vloed en die koud te ervaar. Fantasties! Geniet jou naweek.

Dag agt se gedagtes

Een van die grotste verskille tussen my nuwe werk en die ou werk is dat in hierdie afdeling net ses van ons staatsamptenaars is en die ander twee honderd vyftig is nie. Hulle is kontrakteurs en mense uit die privaat sektor. Hulle weet nie so goed die staatsdiens nie en as gevolg verstaan nie soms hoekom ons dinge in sekere maniers moet doen nie. My rol (en dis goed om doel in lewe te hê!) is om ‘n brug tussen die twee stamme te maak, om ons kern staatsdiense werk te verduidelik en om seker te maak dat ons altyd staatsdiense standarde toepas. Dit sal ‘n geleerdhied geleentheid wees en hopelik kan ek van hulle leer.

Die ander verskil is aangesien hulle nie-staatsamptenaars is, het hulle net altyd in dieselfde plek in die department gewerk. Die meerderheid het nie in ander afdelings of op verskillende besigheid gewerk nie dus is hulle altyd ‘n bietjie apart van die department wat beteken het ek niemand vroeër in werk ontmoet nie. Gewoonlik ken jy mense in baie verskillende werk omdat julle het jare gelede saamgewerk of julle diselfde mense ken. Maar hier is anders. Niemand in die ander geboue ken hulle nie en hulle, ek vermoed, ken niemand ook. Vandag het ‘n nuwe mens ontmoet so nou ken amper nege hele mense! Net om nou die ander twee honderd en viertig te ontmoet.

Meer gedagtes

Ek begin wonder nou wat ek in hierdie nuwe werk sal doen. Dis baie stil en ek ken niemand (en in baie maniers dit pas my goed) maar ek raak ‘n bietjie verveld. Die hele plek is so anders as al die ander dele van werk en daar’s so min mense wat ek vroeër deur werk ontmoet het.

Miskien is ek net baie moeg omdat ek hierdie jaar net agt dae vakansie geneem het (en het in hierdie jaar ‘n ander 49 dae om te neem!) maar ek dink af en toe of ek die regte beslissing gemaak het. Ek weet ek het nie, maar ek voel heeltemal verlore.

In ander nuus wil ek al my pos na ‘n nuwe blogspot addres oordra, hoe maak ek dit?

Gedagtes oor werk

Ek is nou een hele week in die nuwe werk en dit lyk asof dit okei sal wees. Net soos elke nuwe werk het ek geen idee wat ek eintlik moet doen nie! Ek dink ‘n mense kry twee week se “vakansie” wanneer jy begin werk – niemand verwag dat jy sal weet wat jy moet doen nie so jy moet net stil bly en vriendlik wees en alles sal goed gaan.

Daar’s twee Afrikaanssprkenders wat op die ingang werk en ek glo daar’s ‘n paar anders in die gebou – ek het minstens een ander gehoor – so ek moet nou hulle vind en hoop dat hulle my buitelander se entoesiastiesheid vir die taal nie vreemd sal dink nie!

So.. wat is nuut?

So ‘n lang tyd en so min nuus. Net soos ek.

Maandag begin ek my nuwe werk. Ek werk nog by die department maar in ‘n nuwe afdeling en gebou – ek sal foto’s uit my venster uit oplaai omdat dit uitsig fanstasties is – en hierdie keer het hulle my gevra om by die span aan te sluit. Die geld is goed – my beste ooit betaal verhoging. Ek weet dis net tydelik en hulle moet die pos adverteer (en hopelik sal ek dit kry tensy ek dom is) maar ek is baie bly.

So ja, alles begin om maandag. Hopelik sal ek nie fokop nie!

Geen nuus op die werk

Wel daar’s niks nuut oor werk om te berig nie so ek dink ek moet net wag tot iets gebeur. As dit gebeur dan kan ek vir julle ‘n bietjie meer vertel en verduidelik. Ek verwag niks so hopelik in elke geval sal ek nie teleurgestel wees nie. Hou duime vir my!

Dis al my nuus vir nou. Totsiens.

Fietsry en werk

Vandag het Kathryn (my vrou) en ek gaan fietsry. Kathryn ry fiets elke dag werk toe (die retoer reis is omtrent 20km) maar ek doen nie, dus is sy veel beter as ek – okei dis nie moeilik om fiets te ry nie, wat ek bedoel is is sy nou fikser as ek. Die weer is baie lekker en ons het na ‘n groot park toe gegaan – ons het van al die geboue, motors, mense en geraas ontsnap om ‘n verskillende wêreld te ervaar! Elke keer wat ek gaan fietsry sê ek hoeveel ek dit geniet het en op meer keer moet doen maar soos jy nou miskien weet, ek praat die praat meer dikwels as ek loop die loop! (Laat my weet of die vertaling na Afrikaans werk.) Nou doen ek fietsry, klimsport, televisie kyk, kroeg toe gaan en ek is ‘n baie besig kêrel.

In ander nuus iemand by die werk het probeer om my te kopsnel (headhunt in Engels – miskien (moet) jy sê kopjag. Weer, laat my weet)! Ja, baie vreemd, maar terselfdertyd baie waar. Dis meer geld, op ‘n hoë graad, in ‘n ander gebou (met ‘n uistig oor die Teems-rivier en die middestad) maar dis net tydelik (maar daar’s ‘n goeie kans dat dit permanent sal word) dus ‘n bietjie onseker. Ek dink ek sal dom wees as ek dit nie doen nie. As dit nie uitwerk nie sal die department my gewillingheid om hulle te help, waardeer. My baas is nie te bly nie want ons is tans baie besig, maar daar’s nooit ‘n goeie tyd om te verlaat nie. Môre moet ek besluit. Die stem binne my kop sê neem die geld en klim die vetterig paal!

‘n Paar gedagtes, ‘n bietjie nuus en ‘n foto

Verlede Saterdag het Johan en ek ‘n Afrikaanse joernalis ontmoet wat oor Afrikaans in die buiteland skryf en wil ‘n bitejie oor die koffiekroeg berig wat goed is. Die artikel sal in die Suid-Afrikanse koerante gepubliseer word. Dit sal goed wees om uit te vind wat almal anders doen om te taal te bevorder.

Vandag het ek ‘n Afrikaanse vrou/meisie (ek weet nie wat die regte woord is om te gebruik) ontmoet wat hopelik my met my aksent en uitspraak kan help verbeter. Dis nie so moeilik om die taal te lees en te skryf nie maar soms is dit iets anders om te praat en te luister. Ek dink ek sê veel klanke in die verkeerde manier dus herken ek nie altyd die woorde en sinnig as mense Afrikaans praat nie. As ek ‘n goeie Suid-Afrikanse aksent kan ontwikkel/aanneem dan sal ek baie bly wees andersins sal ek Afrikaans ‘n bietjie soos Nederlander/Londenaar aanhou praat.

En nou ‘n foto. En hoekom nie. Hier’s ons twee nuwe katte, Dawie (wat sit) en Danie (wat staan). Hoe mooi is dié klein kêrels?