Tag Archives: vlag

Sonisphere

Hierdie naweek het ek na Sonisphere toe gegaan, ‘n groot metaal en rock musiekfees in Knebworth House buite Londen. Ek het so ‘n briljante tyd gehad. Musiekfeeste is altyd baie pret. Daar’s dié wat sleg is (soos Immergroen) maar jy geniet jouself nog. Dan is daar dié in Europa waarnatoe ek gewoonlik gaan maar heirdie jaar speel my gunstelige band nie so ek gaan nie oorsee nie. Ek het nie kampeer nie en het elke dag met die trein gery maar dit was baie maklik. Daar was omtrent 40,000 metaalkoppe en tattooeëringe – party uitstekend, party goed en party afskuwelik. Almal was baie vriendelik en wou net ontspan en paartie en ek het ‘n bietjie met mense gesels.

Saterdag het dit baie gereën en die bands was nie so goed nie. Anthrax, van wie ek hou, was baie goed maar die anders het my nie beïndruk nie en ek het nie omgegee nie, so ek en my vriend Jacqui van Johannesburg het net gedop en rondgeloop. Sondag het die son lekker geskyn en ek het lekker met ‘n paar tjommies uitgehang. Sondag was daar ‘n beter line-up en ek het Killing Joke (altyd goed), Lamb Of God (goed), Machine Head (ja, goed ook), Limp Bizkit (eintlik baie goed en beter as ek verwag het) en Metallica (altyd uitstekend) gekyk.

Ongelukkig, na my mening, was daar ‘n bietjie sake oor vlae soos op Immergroen. Ek kon nie glo dat iemand die ou Suid-Afrika vlag saamgebring het nie. Ook, iemand het die groen-wit-groen vlag van Republiek van Rhodesië (wat tussen 1968-79 gedurende die UDI tydperk gebruik was) trots gewapper met die nuwe Suid-Afrikaanse vlag. Dit verbaas my, maar ek wonder, is ek net te PC? Na my mening is dit “verkeerd” om beide so te wys. Ja sê miskien ‘n paar mense, die Britse vlag is ook sleg en ons kan daaroor argumenteer. Persoonlik verstaan ek nie hoekom mense voel dat hulle vlae na ‘n fees toe moet bring. Daar was vlae van VSA, Noorweë, Swede, Skotland, Bangladesj en Ecuador maar hulle is anders – hulle is huidige nasionale vlae sonder dieselfde kontensieuse politieke konnotasies (behalwe miskien die VSA vir party mense). Daai twee vlae verwys na ‘n sekere suider-Afrika tydperk wat verby is, ‘n ou styl regering. Ek sal ‘n Zimbabwiërse vrou by werk vra wat sy dink. Miskien dink mense dat die Rhodesiërse vlag nie offensief is nie en dit bedoel dalk nie dieselfde ding as die ou Suid-Afrikaanse vlag nie.

Ek’s Brit en ek kom uit ‘n verskillende wêreld so glo ek dat dit verkeerd is. Laat my weet wat julle dink, wat uit Afrika kom. Is dit ‘n snaakse grappie of iets waarvan jy nie hou nie? Is die ou Rhodiërse vlag anders as die ou Suid-Afrikaanse vlag?

James Hetfield of Metallica

James Hetfield van Metallica

Wes Borland van Limp Bizkit

Wes Borland van Limp Bizkit lyk deftig.

Kwaad wit mense. Ek is so kwaad ek sal nie my slaapkamers skoonmaak nie!

Hulle is so kwaad hulle sal nie hul slaapkamers skoonmaak nie!

Vlag van Zimbabwië

Trotse Zimbabwiërs

Vlae van die Republiek van Rhodesië en Suid-Afrika

Vlae van Rhodesië en Suid-Afrika. Ek was nie bly met die Rhodesiërse vlag nie.

Die ou Suid-Afrikaanse vlag

Die ou Suid-Afrikaanse vlag. Jy weet wat ek daaroor dink; daar's geen rede om die ou vlag te wapper nie.