Afrikaans in Junie

Gisteraand het ek ‘n ander Afrikaans les op italki geneem want ek besef dat ek tans niks leer nie. Ek maak planne in my kop sonder om hulle uit te voer. Ek is ‘n bietjie gatvol want ek praat minder en minder Afrikaans deesdae so moet ek ‘n verkillende pad volg. Ek het in Desember een proefles op italki gehad maar ek het toe niks meer gedoen nie.

Die probleem, as dit ‘n probleem is, is dat ek nie nodig formele lesse in Afrikaans het nie; ek wil net gesels. Sonder om te oefen – om te praat, te luister, te skryf, te lees – bly jou kennis nog steeds teoreties. Gelukkig was my les met my onderwyser Edward baie behulpsaam. Hy sê vir my dat binne ‘n paar oomlik weet hy dat ek Afrikaans op ‘n hoër vlak as leerlinge wat formele lees volg en dat dié een ding wat ek nodig het, is oefening. Ek waardeer baie daardie tipe terugvoer.

Hy het ook ‘n baie goeie punt gemaak oor die spier geheue, wat die enigste spier is wat ‘n mens nie kan verrek nie. Hoe meer jy oefen, hoe meer makklik jy praat sonder om daaroor te moet dink. Jou fokus moet wees op die mees belangrike woorde te leer; moenie probeer om die woordebooke te lees en om te onthou nie. Ek dink ons almal het op een keer só beplan. Miskien is hierdie die probleem met die aanleer van tale op skool. Jy leer honderde woorde wat heeltemal onnodig in alledaagse gesprekke is.

Ek sal nou meer lesse koop en ‘n plan maak oor wat ek wil oefen. Ek hou daarvan net om te gesels en om te luister maar ek vermoed ‘n onderwerp is nodig. Daar’s idioom en uitspraak wat ‘n bietjie aandag nodig het. Gewoonlik gee ek nie so veel om oor aksent nie want na my mening tensy jy tweetalig of ‘n akteur of ‘n spioen is, is aksent nie so belangrik nie.

Laat my verduidelik. Miljoene mense praat my taal Engels met hul eie aksent. (Ek waardeer dat ander Engelse moedertaal aksente beskikkbaar is.) Hulle is verstaanbaar. Ons aksent buig ‘n bietjie. Mees mense wat sê hulle ‘n goeie buitelandse aksent praat, kan nie. Maar ek merk hoe my Afrikaanse of Suid-Afrikaanse aksent kom ‘n bietjie op wanneer ek praat. Feitlik wil ek ‘n biejtie op my Engelse Suid-Afrikaanse aksent werk. Ek glo die een versterk die ander en ons almal wil ons eie geheime vaardigheid hê soos om ‘n spioen of geheime agent te wees.

‘n Paar dae gelede het ek na Foyles gegaan en het twee boeke gevind, wat ek natuurlik moes koop. Ek moet die taal ondersteun in enige manier moontlik sodat boekwinkels verstaan dat daar veel mense is wat Afrikaans boeke wil lees.

Onlangse aankopings

Onlangse aankopings

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam