Tag Archives: italki

‘n Ander les op italki

Vandag neem ek ‘n ander les in Afrikaans op italki.com nadat ek ‘n boodskap op hierdie blog ontvang van ‘n poliglot in België. Die baie selde dat mense ‘n opmerking skryf want niemand nou skryf opmerkings nie (ek klink soos die Unabomber as ek kla oor die impak van moderne tegnologie op mense! Ja, ek kyk ook daardie programme op Netflix) en dit gee vir my ‘n bietjie meer motivering om te studeer.

Ek het geskryf dat ek op twee ander kere lesse op italki geboek het maar toe raak ek besig met ander dinge en ek reël geen meer lesse nie; ek ly aan ‘n gebrek aan fokus. Ek het die les baie geniet, veral want ek kry so min geleentheid om te praat. Alhoewel ek al lank tyd die taal studeer, maak ek nog steeds foute wat ek wou ek aan die begin reg gekry het, maar aangesien ek geen doelwit het om te leer nie – byvoorbeeld skryf ek geen eksamens en het geen werk vereiste nie – bly die taal nog ‘n stokperdjie. Dis altyd veel moeiliker om ‘n poging to maak as dit nie nodig is nie, maar ek voel baie gelukkig dat ek weer ‘n gesprek in Afrikaans kon hou.

In ander nuus, het ek uiteindelik die Linguaphone Afrikaans Course op eBay gekoop. In die 1990s was hierdie kursus dié wat jy wou koop. Ongelukkig destyds moes jy omtrent £230 betaal en onthou dat torrents aanlyn was nie beskikbaar nie; aand die ander kant het ek nooit torrents aanlyn gevind nie, dus toe ek item op verkoop vind, koop ek dit onmiddellik. Die enigste probleem is dat het geen kassetspeler nie so moet ek een koop voordat ek kan luister en nou moet ek een koop. Wie gebruik kassette deesdae?

Afrikaans in Junie

Gisteraand het ek ‘n ander Afrikaans les op italki geneem want ek besef dat ek tans niks leer nie. Ek maak planne in my kop sonder om hulle uit te voer. Ek is ‘n bietjie gatvol want ek praat minder en minder Afrikaans deesdae so moet ek ‘n verkillende pad volg. Ek het in Desember een proefles op italki gehad maar ek het toe niks meer gedoen nie.

Die probleem, as dit ‘n probleem is, is dat ek nie nodig formele lesse in Afrikaans het nie; ek wil net gesels. Sonder om te oefen – om te praat, te luister, te skryf, te lees – bly jou kennis nog steeds teoreties. Gelukkig was my les met my onderwyser Edward baie behulpsaam. Hy sê vir my dat binne ‘n paar oomlik weet hy dat ek Afrikaans op ‘n hoër vlak as leerlinge wat formele lees volg en dat dié een ding wat ek nodig het, is oefening. Ek waardeer baie daardie tipe terugvoer.

Hy het ook ‘n baie goeie punt gemaak oor die spier geheue, wat die enigste spier is wat ‘n mens nie kan verrek nie. Hoe meer jy oefen, hoe meer makklik jy praat sonder om daaroor te moet dink. Jou fokus moet wees op die mees belangrike woorde te leer; moenie probeer om die woordebooke te lees en om te onthou nie. Ek dink ons almal het op een keer só beplan. Miskien is hierdie die probleem met die aanleer van tale op skool. Jy leer honderde woorde wat heeltemal onnodig in alledaagse gesprekke is.

Ek sal nou meer lesse koop en ‘n plan maak oor wat ek wil oefen. Ek hou daarvan net om te gesels en om te luister maar ek vermoed ‘n onderwerp is nodig. Daar’s idioom en uitspraak wat ‘n bietjie aandag nodig het. Gewoonlik gee ek nie so veel om oor aksent nie want na my mening tensy jy tweetalig of ‘n akteur of ‘n spioen is, is aksent nie so belangrik nie.

Laat my verduidelik. Miljoene mense praat my taal Engels met hul eie aksent. (Ek waardeer dat ander Engelse moedertaal aksente beskikkbaar is.) Hulle is verstaanbaar. Ons aksent buig ‘n bietjie. Mees mense wat sê hulle ‘n goeie buitelandse aksent praat, kan nie. Maar ek merk hoe my Afrikaanse of Suid-Afrikaanse aksent kom ‘n bietjie op wanneer ek praat. Feitlik wil ek ‘n biejtie op my Engelse Suid-Afrikaanse aksent werk. Ek glo die een versterk die ander en ons almal wil ons eie geheime vaardigheid hê soos om ‘n spioen of geheime agent te wees.

‘n Paar dae gelede het ek na Foyles gegaan en het twee boeke gevind, wat ek natuurlik moes koop. Ek moet die taal ondersteun in enige manier moontlik sodat boekwinkels verstaan dat daar veel mense is wat Afrikaans boeke wil lees.

Onlangse aankopings

Onlangse aankopings