The Ashes en potgooi

Ongelooflik! Engeland het die Ashes gewen! As Engeland bewonderaar is ek gewoond aan druipeling. Ek is ‘n twyfelaar met hoop maar sonder geloof. Ek voorspel nou dat ons lui en selfvoldaan sal word en wanneer ons Australië toe gaan sal ons heeltemal gedonner word!

Vandag het ek Teddington toe gegaan om Johan, Fran en Willem te sien en om ‘n potgooi met Johan te maak. Dit was baie lekker en ons het goeie tyd gehad. Dis goed om met hulle Afrikaans te praat, dis net ‘n jammerte dat ek ‘n bietjie moeg was. Druk hier om te luister of aflaai. Miskien moet ek een keer my eie potgooi uitsaai.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam