Daily Archives: 18/08/2009

As jy wil hê dat hulle sal lees, moet jy dan skryf

Dit lyk asof Immergroen een van die beste dinge was wat ooit vir my blog gebeur het; nou het ek soveel meer besoekers so ek moet meer dikwels skryf. Dankie Craig le Roux, ek is baie dankbaar.

So ek reken ek moet ‘n bietjie nuus berig of maak. Laat my dink. Verlede week was my tannie L uit Johannesburg (sy’s getroud met my pa sy broer) en haar sussie J en dogter A in Londen en ons het met een van my broers en sy vrou en my K uitgehang. Eintlik dit was meer as uitgehang maar jy verstaan. Dit was baie lekker om familielede weer te sien en om almal te praat en om hulle nuus te leer. Ongelukkig was ek te bly om net te drink so het baie min Afrikaans gepraat wat ook ‘n jammerte is omdat A op ‘n Afrikaanse universtiteit geswot het. Ek dink ek hou nie van die idee dat ‘n familielede beter Afrikaans as ek kan praat nie. Ja, ek wil en moet die beste wees.

Sondag gaan ek Teddington toe om Johan te sien en ons wil ‘n nuwe potgooi maak. Dit lyk asof ek vrydagaand met die gewone bende Robbie Wessels by Aardvark gaan sien so ek sal terug berig. Ek hoor dat die komminste mense van hom hou so wie weet hoe dit sal gaan maar dit sal beslis ‘n nuwe ervaring wees.

Ek het ‘n verskillende pos begin skryf maar toe het besluit dat ek meer tyg nodig het om die gedagtes uit te werk – beide om te skryf en wat ek bedoel – so ‘n langer en dieper pos in die komende dae sal kom.