In New York

Ek sit en skryf hier in New York. Die weer het verander en vandag het dit gereën maar ons het ‘n lekker tyd. Gister was ons Statue of Liberty en Ellis Island toe en ook het ons die graf van Peter Stuyvesant besoek. Die Engelse is volop – ons hoor hulle aksente orals. Vandag gaan ons inkopies doen (is dié die regte uitdrukking?). Ek sal foto’s ens, oplaai wanneer ek terug in Londen is.

3 thoughts on “In New York

  1. My Kop Op 'n Blok!

    Geniet dit! Jy moet ook mooi luister vir Afrikaans. Die enkele keer toe ek in New York was, het daar mense by my verbygestap en ek het gehoor hulle praat Afrikaans, toe draai ek om en roep hulle, en gesels eers lekker met die mense, hulle was van Kaapstad.

  2. Alexander

    Ek het ‘n Bokke hemp gesien maar het nie Afrikaans gehoor nie wat ‘n bietjie verassing was. Te veel Britse aksente in al die winkels!

  3. Eben van Renen

    Jou gebruik van die woord ‘inkopies’ is in die kol (perfek).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam