Daily Archives: 02/11/2007

Hy’s terug maar hy sê nog niks veral belangrik nie!

Dis twee weke sedert my laas pos en dankie almal wat kommentaars gelos het – sterkte deur Afrikaans!

Hierdie week het ek Leeds toe met werk gegaan. Ek was student in Leeds en ook het by my werk aangesluit (ons het ‘n reuse kantoor in die stad) dus is ek altyd bly om daarnatoe te gaan en ek ken veel mense nog in die stad. Ek het ook myself Afrikaans begin leer toe ek in dié kantoor gewerk het en toe ek daardeur geloop het, het dit my herinner my oor die tyd toe ek daar gewerk het en toe, as ek verveld was – wat altyd was omdat die werk afskuwelik was – het ek die biblioteek toe gegaan om my Afrikaanse boek te studeer en om oor die taal in die ensiklopdie te lees. Dis snaaks hoe die klein dinge my herinneer – die reuk van die kantoor, die trappe, die kleur van die mure ens. Gelukkige dae!

Gister het ek York toe gegaan om die Jorvik Viking Centre te besoek. York is baie mooi en beroemd oor sy Wiking geskeidenis en ek stel ‘n groot belang in die Wikings. Ongelukkig is die museum hoofsaaklik oor die Wiking argeologie van die stad en nie so veel oor die Wikings hulself nie, dus was ek ‘n bietjie teleurgestel. Op die ander kant was dit lekker om uit Londen te kom en om die mooi platteland te sien en om weer met vriende te jol.

‘n Paar ouens het aan my geskryf oor Afrikaans en ander dinge wat verwant daaraan is. Jammer dat ek nog nie terug geskryf het nie – veral Jan uit Nederland en Fanie uit Pretoria wat baie interessante boodskappe gestuur het. Ek sal dit hierdie naweek doen.