Daily Archives: 26/11/2007

In New York

Ek sit en skryf hier in New York. Die weer het verander en vandag het dit gereën maar ons het ‘n lekker tyd. Gister was ons Statue of Liberty en Ellis Island toe en ook het ons die graf van Peter Stuyvesant besoek. Die Engelse is volop – ons hoor hulle aksente orals. Vandag gaan ons inkopies doen (is dié die regte uitdrukking?). Ek sal foto’s ens, oplaai wanneer ek terug in Londen is.