Familie nuus uit Suid-Afrika

My pa bel my vroeg vanoggend om my te laat weet dat ons ouma (sy ma) in Johannesburg gesterf het. Dit was geen verassing nie, sy was baie siek in hospitaal en ons almal het dit verwag. Dis natuurlik baie treurig en sy was ook die enigste familielid in Suid-Afrika wat almal in kontak was en nou sonder haar sal ons miskien onder mekaar begin ophou praat.

Ons het haar altyd Granny in Africa genoem – iets wat beide waar en uitheems was! Vir ons op die ander kant van die wêreld was sy heeltemal anders as ons Britse ouma. Dit het bedoel ook dat ons haar selde gesien het. Toe ek jong was het sy dikwels boeke aan my gestuur wat ek haar gevra het om te vind. Dié was niks veral belangrik nie maar net iets wat moeilik was om in VK te kry en sy kon hulle dikwels kry, gewoonlik uit die plaaslike biblioteek – ek weet nie of ek nou ‘n groot boete moet betaal nie! Ek is ook die enigste van ons wat ‘n belang in familie geskiedenis stel en sy het vir my dinge vertel wat my altyd geïnteresseer het. Sy het my altyd met Afrikaans aangemoedig en het boeke en tydskrifte aan my gestuur en was baie trots op my – en sy was Engelssprekend.

Die familie het besluit om hierdie week ‘n klein begrafnis te hê en dan in Februarie ‘n gedenksdiens wat almal en ek, my pa en een broer (ons is in VK) sal kan bywoon. Ek het beplan om ‘n paar weke in Suid-Afrika te gaan bly maar nou sal dit miskien makliker wees om my planne te verander (en baie makkliker om vliegkaartjies te koop) en dis ook ‘n fantastiese geleentheid om sekere familielede te ontmoet wat ons ken nie.