Gedagtes oor werk

Ek is nou een hele week in die nuwe werk en dit lyk asof dit okei sal wees. Net soos elke nuwe werk het ek geen idee wat ek eintlik moet doen nie! Ek dink ‘n mense kry twee week se “vakansie” wanneer jy begin werk – niemand verwag dat jy sal weet wat jy moet doen nie so jy moet net stil bly en vriendlik wees en alles sal goed gaan.

Daar’s twee Afrikaanssprkenders wat op die ingang werk en ek glo daar’s ‘n paar anders in die gebou – ek het minstens een ander gehoor – so ek moet nou hulle vind en hoop dat hulle my buitelander se entoesiastiesheid vir die taal nie vreemd sal dink nie!

2 thoughts on “Gedagtes oor werk

  1. My Kop Op 'n Blok!

    Ek hoop die Afrikaanssprekendes sal vriendelik met jou – gewoonlik is Afrikaanse mense vriendelik, veral as hulle in ‘n vreemde land ver van die huis is.

    Ek bewonder jou belangstelling in die taal en dink dis belangrik vir jou om oefening te kry om te luister en te praat.

    Sterkte vir jou nuwe werk, ek hoop jy sal gou jou voete vind.

    Chris.

  2. Alexander

    Chris, dankie soos altyd vir jou aanmoediging. Ek sal probeer om hulle te ontmoet sodat ek hulle klein, geheime bende kan aansluit!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam