Daily Archives: 21/08/2007

Meer gedagtes

Ek begin wonder nou wat ek in hierdie nuwe werk sal doen. Dis baie stil en ek ken niemand (en in baie maniers dit pas my goed) maar ek raak ‘n bietjie verveld. Die hele plek is so anders as al die ander dele van werk en daar’s so min mense wat ek vroeër deur werk ontmoet het.

Miskien is ek net baie moeg omdat ek hierdie jaar net agt dae vakansie geneem het (en het in hierdie jaar ‘n ander 49 dae om te neem!) maar ek dink af en toe of ek die regte beslissing gemaak het. Ek weet ek het nie, maar ek voel heeltemal verlore.

In ander nuus wil ek al my pos na ‘n nuwe blogspot addres oordra, hoe maak ek dit?