Daily Archives: 20/08/2007

Gedagtes oor werk

Ek is nou een hele week in die nuwe werk en dit lyk asof dit okei sal wees. Net soos elke nuwe werk het ek geen idee wat ek eintlik moet doen nie! Ek dink ‘n mense kry twee week se “vakansie” wanneer jy begin werk – niemand verwag dat jy sal weet wat jy moet doen nie so jy moet net stil bly en vriendlik wees en alles sal goed gaan.

Daar’s twee Afrikaanssprkenders wat op die ingang werk en ek glo daar’s ‘n paar anders in die gebou – ek het minstens een ander gehoor – so ek moet nou hulle vind en hoop dat hulle my buitelander se entoesiastiesheid vir die taal nie vreemd sal dink nie!