Daily Archives: 10/08/2007

So.. wat is nuut?

So ‘n lang tyd en so min nuus. Net soos ek.

Maandag begin ek my nuwe werk. Ek werk nog by die department maar in ‘n nuwe afdeling en gebou – ek sal foto’s uit my venster uit oplaai omdat dit uitsig fanstasties is – en hierdie keer het hulle my gevra om by die span aan te sluit. Die geld is goed – my beste ooit betaal verhoging. Ek weet dis net tydelik en hulle moet die pos adverteer (en hopelik sal ek dit kry tensy ek dom is) maar ek is baie bly.

So ja, alles begin om maandag. Hopelik sal ek nie fokop nie!