Daily Archives: 28/08/2007

Julle held is terug van Reading af

Ek insamel bier koppies en verdien bier geld!

Ek is terug van Reading af wat baie pret was. Ek probeer om elke jaar te gaan, gewoonlik op die hele naweek. Hierdie keer het ons ‘n hotel bespreek en ek moet sê ek was so bly dat ons nie kampeer het nie! Om elke oggend in ‘n bed wakker te word en om in jou eie kamer te ontspan is beslis die geld werd. My vrou K kon nie kom nie omdat sy onlangs ‘n operasie op haar kakebeen gehad het en is nie heeltemal gesond nie. In haar plaas het Arren uit Leeds gekom en twee ander vriende was ook daar.

Die weer was so fantasties – geen reën, vloed or modder nie, net warm sonskyn elke dag. Ons was net dertig minute daar voordat ons ‘n Afrikaner uit Pretoria ontmoet het en het lekker Afrikaans gesels. Ek het ook ander Suid-Afrikaners gehoor – hulle is so stille mense 🙂 Ek het geslaag om my sonbril en weermag hoed te verloor en dan altwee in die donkerheid en die dronkenskap weer te vind so ek was baie bly. Ons het ook uitgevind dat as jy bier koppies insamel en terug gee dan ontvang jy 10p, dus het ons besluit om geld te maak en tussen ons het meer as £70 verdien wat al ons bier gekoop toe ons geen bands wou gaan sien nie!

En die musiek? Enter Shikari was die beste, Jimmy Eat World, We Are Scientists, Jamie T, Funeral For A Friend was goed, Nine Inch Nails and Arcade Fire was net so vervelig. Ek het nie Red Hot Chili Peppers gesien nie (ek hou nie van hulle nie) maar mense sê dit was nie goed nie. Angels And Airwaves het almal gepla omdat hulle te dikwels gekla-kla en gepraat-praat het dus het almal hulle met bottels begin gooi!

Donderdagaand het ek my oom J en sy vrou L en hulle kinders M en K ontmoet. Hulle’s Johannesburgers en was net ‘n kort tyd in VK. Dit was fantasties om hulle weer te sien en oor die hele familie en almal se nuus te gesels. M wil op Stellenbosch studeer nadat hy skool voltooi so moet hy Afrikaans oefen en ons het onder mekaar ‘n bietjie Afrikaans gepraat. Ek weet nie of hulle ooit Afrikaans tuis praat nie maar as jy by my is dan moet jy! My vrou en ek wil volgende jaar Suid-Afrika toe op vakansie gaan en ons het ‘n bietjie gepraat oor planne en plekke wat ek wil besoek. Dis ook ‘n geleentheid om ouma weer te sien.