Terug van die Lae Lande

Ná vier dae in die Lae Lande is ek nou terug in Londen en ek dink agter na ‘n fantastiese klein vakansie vol reis, musiek, vriende en ‘n bietjie kultuur. Die dag toe ek vertrek het, het ek in die oggend in die Europese verkiesings gaan stem en vriende moes die Sondag stem en hierdie keer voel dit ewe meer belangrik dat ons stem en saam stand, na my mening.

Vrydag het ons Fort Breendonk besoek, wat ‘n konsentrasie kamp suid van Antwerp tydens die Tweede Wêreld Oorlog. Dit was ‘n interessante ervaring om te sien hoe die gevangenes gely het nie en dis belangrik vir ons almal om te leer en te onthou. ‘n Paar skole het kom besoek so ons het saam met Belgiese leerlinge om die kamp geloop.

Luxemburg is ‘n snaakse plek om te besoek. Dis klein en ryk en ook baie rock’n’roll. Dit klink vreemd om te sê maar dit is die waarheid want ons hotel is op Avenue du Rock’n’Roll gelë! Miskien is dit ook nie so groot ‘n verrassing om te sê dis ook goedkoop nie. Die land word ryk deur al die belasting wat Amazon en ander multinasionale maatskappye in ander lande vermy betaal, betaal in Luxemburg. Dis maklik vir mense uit die Lae Lande en Duitsland om heen toe te ry so dit verduidelik hoekom soveel vriende het ook die gig kom sien.

En toe het ons na Amsterdam toe gegaan. Soos ek vooraf geskryf het, hou nie my Vlaminge vriende van die stad en land nie want almal praat Engels in plek van Nederlands met hulle. Ek verstaan hoeveel dit sou pla. Ongelukkig verstaan niemand my Afrikaans nie so is ek net ‘n eentalige Engelsman oorsee. Dis ‘n mooi stad vol beroemde gragte en ou geboue in die sentrum. Ek hou daarvan, die geskeidenis is baie interessant en ek kan ‘n goeie koppie tee kry wat vir my baie belangrik is wanneer ek in die buiteland is. Dis lekker om ‘n paar dae buite Londen te neem, om ‘n bietjie te reis en om ou vriende weer te sien en om lekker te ontspan en om ‘n vreemdeling in die vreemde land te wees.

Kuifie in Amerika in Brussel-Suid stasie

Kuifie in Amerika in Brussel-Suid stasie

Fort Breendonk, 'n konsentrasie kamp suid van Antwerp

Fort Breendonk, ‘n konsentrasie kamp suid van Antwerp

'n Teken by Fort Breendonk

‘n Teken by Fort Breendonk

Die pale waar gevangenes gefusilier is, Fort Breendonk

Die pale waar gevangenes gefusilier is, Fort Breendonk

Die Kruisafneming

“Die Kruisafneming” van Peter Paul Reubens in die Onze-Lieve-Vrouw-katedraal in Antwerp

'n Deur in Amsterdam. Ek onthou nie of ek vooraf 'n foto hiervan geneem het nie.

‘n Deur in Amsterdam. Ek onthou nie of ek vooraf ‘n foto hiervan geneem het nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam