Praat Afrikaans

Elke jaar maak ek ‘n beslissing dat ek meer Afrikaans moet praat, en elke jaar maak ek amper geen poging om só te doen. Ek vermoed hierdie jaar gaan weer in dieselfde weg ontvou.

Gedurende Kerfees het ek Frédrik ontmoet, hy’s Sjineser wat ook homself Afrikaans leer. Hy studeer nou in Engeland en het Londen toe vir ‘n paar dae gekom. Dit was baie goed om ‘n ander leerder te ontmoet en om in Afrikaans vir ‘n paar ure te praat. Ons praat tot dieselfde vlak maar ek moet sê sy Afrikaans is beter as myne want hy leer nou al net ‘n paar jaar lank.

Hierdie week het ek op e-pos met Egveny gepraat, hy’s ‘n Rus wie se Afrikaans verbasend is, veel beter as myne. Ek hou baie van hierdie tipe briefwisseling want ek kan sien hoe ander mense geleer het en hoe hulle die woordeskat en grammatika in hulle eie styl gebruik. Soms is dit makliker om ander leerders as eerstetaal-sprekers te vind om mee te gesels. Miskien soek leerders eerder na ander hulle tydgenote, ons is altyd op soek na nuwe inligting and ervaring om te praat.

So voel ek gelukkig dat ek reeds goeie geleenthede gehad het om te oefen, nou is al wat ek nou moet doen is om gemotioveerd te wees. Hoeveel kere het ek reeds hierdie gesê en hoe anders gaan hierdie jaar wees? Ek kan net iets anders doen om dit so te maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam