Tag Archives: Spaans

Meer onlangse gebeurtenisse

Verlede naweek het ek na die Emirates Stadium toe gegaan – dit tuis van Arsenal – om die wedstryd tussen Brazilië en Skotland te kyk. Ek het met ‘n paar vriende uit Skotland gegaan en want dit was net ‘n vriendelike wedstryd was die atmosfeer baie cool en ons almal het lekker gepaartie, ek ‘n bietjie te veel ek moet sê! Natuurlik was Brasilië veel beter as Skotland en het gewen maar ek het baie geniet om Skotland te sien speel.

Vandag het na die British Museum toe gegaan om die goed uit die tydperk van die Assyrise Ryk te sien. Ek weet nie seker hoekom ek wou dit sien nie maar dis baie interessant en ek kan net sê dat dit nuttig is dat ons Britte al hierdie goed gesteel het sodat ek alles in my tuis stad kan sien! Okei, dis ‘n bietjie flippant maar jy weet wat ek bedoel.

Vrydagaand het ek met vriende kroeg toe gegaan en ons het oor tale gepraat. Een van hulle kom uit Trinidad en sy praat Spaans en wil dit aan haar dogtertjie leer. Toe ek sê leer ek nou Spaans het hulle twee onmiddellik vir my gelag en sê dat ek altyd besig om ‘n nuwe, verskillende taal te probeer leer! Ja, dit is waar so kan ek nie kla nie. Dis precis die tipe ding wat ek begin doen, gewoonlik sonder om dit te voltooi. Ek onthou ek het dit op veel kere gesê. So ja, leer ek nou weer ‘n bietjie Spaans sodat een dag sal ek Spanje toe gaan en sal mense kan vra of hulle Engels praat!

Brasilië speel teen Skotland

Brasilië speel teen Skotland

Neymar kry 'n doel vir Brasilië

Neymar kry 'n doel vir Brasilië

'n Beeld uit die tydperk van die Assyriese Ryk

'n Beeld uit die tydperk van die Assyriese Ryk

Altyd nooit genoeg Afrikaans nie

Jammer dat ek baie besig gewees was. Ek studeer nou vir my finale eksamen in finansiele rekeningkunde vir my CIMA sertifikaat (die basiese vlak) en dan begin ek weer nog ‘n paar jare. Ek wou die eksamen ‘n paar maade gelede skryf maar ek was baie lui en nou sukkel om alles weer te leer want ek het veel vergeet. Gelukkig is my Afrikaanse tjommie by werk ‘n rekenmeester so het hy vir my die dubbelinskrywingstelsel verduidelik en ek leer ook die Afrikaanse woorde. Dit het ‘n bietjie gehelp om die artikel in Afrikaans te lees want ek moes ‘n ware poging maak om te probeer verstaan en nie net sien woorde en karakters sonder om uit te werk wat die kombinasies bedoel nie. Ek is nie seker of ek gaan slaag nie en as ek druip dan kan ek dit weer skryf maar hoe langer dit neem om te slaag, hoe minder Sokker/Voetbal-Wêreldbeker kan ek kyk.

Nadat die eksamen het ek ‘n paar maande voor die voglende vlak so wil ek en ‘n vriend ‘n bietjie Spaans leer. Ek het vroeër daaroor geskryf maar ons het nou ‘n boek en begin beplan hoe ons gaan leer. Ek het Spaans op skool geleer en kan nog ‘n bietjie onthou. Ons wil ‘n sekere vlakte bereik so as ons ‘n bietjie op ‘n gereelde basies leer sal ons een dag ‘n gesprek kan hou en sal dalk ook uiteindelik Spanje en Gibraltar besoek. Miskien een dag, maar vir nou is my fokus op CIMA.

‘n Nuwe jaar miskien ook ‘n nuwe taal

Ek het hierdie naweek besluit om ‘n bietjie Spaans te begin leer want ek dink dis ‘n nuttige taal om te ken as jy op vakansie wil gaan. Soos ek vroeër geskryf het wil ek hiedie jaar na Gibraltar en Spanje toe gaan so dit sal help – maar nie so veel soos om eintlik die kaartjies te koop nie – en ook dis ‘n groeiende taal in VSA. Volgende maand gaan ons terug na Las Vegas toe vir ‘n vriend se trou en jy hoor net hoeveel mense daar Spaans praat. Natuurlik sal ek nie vlot binne drie weke word nie, maar ek wil net ‘n goeie kennis kry, genoeg om te gebruik as ek oorsee is. Toe ek op skool was, moes ek Spaans vir drie jare leer en ek het ‘n A in die GCSE eskamen gekry toe ek 16 was, so het ek reeds ‘n klein kennis. Gisteraand het ek begin en onthou genoeg, so sal ek ‘n beitjie elke paar dae leer. Dis nie ‘n moeilike taal om te leer nie en daar’s genoeg geleenthede om dit in Londen te praat.

Ek het gedink oor watter taal om te probeer leer. Ek wil nie Duits heeltemal vergeet nie so moet ook elke af en toe ‘n bietjie leer en oefen. My probleem is – okei een van my veel probleme – is dat ek nooit ‘n beslissing kan maak nie. Ek is vol idees maar selde doen ek hulle. Ek wil ook ‘n bietjie Serwo-Kroaties leer maar die grammatika lyk moeiliker as dié waaraan ek gewoond is en moeiliker as dié wat ek wil sukkel leer!

Ek het ook ‘n bietjie oor Esperanto gelees. Ek hou baie van die idee van Esperanto en kunsmatige tale; dit lyk maklik, logies en ek lees dat ‘n kennis daarvan met die aanleer van ander tale sal help; dit is dalk slegs Esperantists wat só sê. Ek het eintlik ‘n klein boek oor die aanleer van Esperanto in Afrikaans, wat baie goedkoop op Ebay was maar ek kan nie sê ek sal leer nie. Maar ek moet sê ek hou ook van die feit dat daar ‘n paar ander nuwe tale soos Ido, Novial en Interlingue wat verwant aan Esperanto is en die proses oor hoe om ‘n taal te skep, fasineer my. Ek sien ook daar’s ‘n Suid-Afrikaanse Esperanto vereniging, so sterkte aan hulle.

Nee, dis makliker om tale te leer wat miljoene ander mense praat. Ek voel hierdie keer ek moet ‘n taal leer wat baie nuttig is, wat mense ken sodat ek moet nie verduidelik hoekom nie!

En ja, ek moet ook rekeningkunde leer.