Daily Archives: 13/07/2008

Terug in Suid-Afrika!

En dan die reisigers kom terug!

Namibië was baie mooi en ek (en ons) het so ‘n lekker verblyf gehad. Van Windhoek af het ons Rehoboth toe gegaan omdat ek die museum wou besoek en ek stel ‘n groot belang in die Basters. Ons het weer in Keetmanshoop gebly en toe het Augrabies toe gery. Die valle was baie mooi en ons het baie foto’s geneem. Gister het ons deur Grobblershoop, Prieska, Britstown, Beaufort West gery op pad na Kaapstad. Die Noord-Kaap is so pragtig en soveel groener as Namibië en ek is bly om dit te sien. Britstown lyk ‘n mooi dorpie en ons het ook karretjie mense gesien. Daar was sneeu op die berge in die Heks Rivier Vallei (regte naam?) maar ongelukkig was dit donker so ons kon nie foto’s neem nie.

Vandag gaan ek ‘n neef en niggie ontmoet en dan moet ek besluit wat ek sal doen voordat ek volgende Sondag verlaat.

Ek sal foto’s oplaai sodra ek terug in Londen is.