Daily Archives: 04/07/2008

Namibië!

Ons is nou in Namibië. Ons het gister van Melkbosstrand af deur Vredendal, Garies, Springbok gegaan voordat ons oor die grens gery het. Gisteraand het ons in Lüderitz gebly en dit het soveel gereën! Dit was ongelooflik. Ek kan nie sê dat daar veel in Lüderitz is om te doen nie en die weer was so sleg ons kon nie veel sien nie.

Vandag het ons Kolmanskop gaan sien wat baie indrukwekkend is en ek het veel foto’s geneem. Môre vertrek ons na Windhoek vir een nag en dan na Swakopmund. Hopelik sal die weer mooi wees en ek kan sandplankry.

Ek praat nog Afrikaans en ‘n bietjie Duits. Dis goed om te sien net hoeveel mense Afrikaans in Namibië gebruik maar ek kan nie sê of ek eintlik verbeter nie!