Daily Archives: 10/12/2007

Duits en Guitar Hero 2

Vandag was die laaste Duitse klas voor Kersfees en ons het Lola Rennt gesien wat baie goed was. Alles gaan goed met die klas en ek hou baie van die taal, veel meer as of Nederlands of Sweeds wat ek geleer het. Ek wil al lang tyd Duits leer en noudat ek dit doen vind ek dit nie te moeilik nie. Ja, ek het net tien lesse gehad en ek praat dit nie goed nie, maar ek voel elke week leer ek iets nuuts en ook ek wil iets nuut leer. Ek moet net my woordeskat vergroot, ek dink die grammatika sal baie interessant wees. Natuurlik is daar aspekte wat anders as Afrikaans is en daar’s ook aspekte wat tipiese van Wes-Germaanse tale is.

Gister het ons Guitar Hero 2 op die Playstation 2 gekoop en daai speletjie rocks! Gewoonlik stel ek geen belang in rekenaar speletjies nie – my vrou hou daarvan – maar hierdie een is briljant en dink ons sal die oor die hele Kersfees vakansie speel. Ons sal ook ‘n Guitar Hero partytjie hou as julle wil bywoon.