Daily Archives: 16/09/2007

Die rugby en die Amerikaanse Office

Net soos miljoene mense het ek vrydagaand die rubgy gekyk. Persoonlik gee ek nie om oor rugby nie, ek was altyd ‘m voetbal ou maar ek probeer altyd om wedstryde tusse hierdie twee lande te sien. Ek het ‘n paar jare gelede besluit om Engeland te ondersteun omdat ek nie Suid-Afrikaner is nie (ek is Brits) en toe ek jonger was moes ek altyd die familie in Suid-Afrika uitstaan wat ons oor krikiet en rugby spot. Dit was so vreemd hulle het nooit voetbal genoem nie (okei ek kan verstaan, ek het betaal om Bafana Bafana te sien speel…) en eintlik dit raak nie saak nie aangesien ek ‘n bewonderaar van die Nederlands voetbal elftal is. Engeland was afskuwelik en die Bokke was so veel beter en het die oorwining heeltemal verdien. Engeland was slegter as verskriklik, ek kan niks meer sê nie.

Ek hoop nou die Bokke sal die beker gaan wen maar ‘n mens kan nooit sy span verander nie. As hulle wen dan is ek bly, maar terselfdertyd bly ek atlyd ‘n tipe teleurgestelde Engeland rugby bewonderaar (totdat ek binne ‘n paar dae heeltemal oor die Rugby Wêreldbeker vergeet). En ek sal sê ek sien baie daarna uit om na die Namibië teen Georgië wedstryd te kyk.

In ander nuus het ek The Office: An American Workplace seisoen 3 op amazon.com gekoop en hierdie week het dit aangekom. Ons het die hele naweek dit gekyk en dis so snaaks – eintlik verkies ek dit bo die oorspronklike Englse een. Jy moet dit sien of my DVDs leen. Ek kan net hoop dat een dag sal hulle ‘n Afrikaanse weergawe wil maak. Dié ek wil sien.