Tag Archives: Wembley

Terug in swart

Saterdag was ek terug by Wembley-stadion vir om legendariese Australiese rockers AC/DC te kyk wat op hul huidige wêreld toer kom speel. Hoe meer kan ek sê, hulle was fantasties. Duisende fans wat alle die lirieke en liedjies ken, wat saam sing, wat wil saam met makkers uithang. Geen verrassings nie en ons soek nie verrassings nie.

Die snelweg na hel

AC/DC rock uit met elektriese kitarre uit

Die eerste keer toe ek hulle sien speel het, was toe ek sestien jaar oud. Destyds het ek op my eie van noord-Skotland na die Monsters of Rock musiekfees in Engeland gereis, wat ‘n ware avontuur was. Nou ry ek net op die moltrein van my huisie in noord-Londen af. Ná onlangse besoeke na Wembley vir om die Arsenal te kyk voel dit amper alledaags.

Dié wat dieselfde bly is die feit dat meer alhoewel half my lewe verby is, luister ek nog na dieselfde tipe bands. Ek was so opgewonde nou soos toe ek ‘n laaitie was. Ons almal besef hierdie is dalk hul finale toer en hulle speel die goederes wat ons wil hoor. Nostalgies beslis, maar niemand gee om nie want ons wil hê wat hulle wil aflewer.

Die dag na Kersfees

As jy geen kinders het nie of nie by jou ouers of gesin gaan kuier het nie, is Tweede Kersdag dalk een van die meeste vervelige dae van die jaar. Jy het tuis vir een hele dag gebly en wil nou uit gaan maar gewoonlik is orals te besig of te stil (ja, dit maak sin) en jy wil nie na die verkope toe gaan nie want jy besef dit sal ‘n lewende hel wees. Wat gaan ‘n mens doen?

Gelukkig het ek kaartjies vir die Saracens teen Wasps wedstyd by Wembley gekry so het Willem en ek gaan kyk. Ongelukkig vind daar plaas vandag ‘n moltrein staak dus was dit ‘n ware gesukkel om daarnatoe te gaan. Dis bus het baie stadig gekruip, dié moltreinlyne wat loop was baie onbetroubaar en toe ek daarby gekom het wat dit ysig en ons moes in die buitelug vir amper twee ure sit. Ek kan bevestig dat ons oor die weer gekla-kla het! Die kos was baie duur en nie so smaaklik nie (geen verrassing) en na twee biers was ons te koud om nog een ander te drink.

Op die ander kant, was dit baie pret. Ek dink dit was die vierde keer dat ek Saracens by Wembley sien speel het en daar was 38,000 ander ondersteuners van beide spanne. Die atmosfeer was nie verbasend nie maar almal het geblyk die dag te geniet en dit was baie vriendelik, soos alle rugby wedstryds. Die rugby was ook nie die beste nie en altwee spanne het veel foute gemaak wat hulle gewoonlik nie sou maak nie maar ek dink die weer het ‘n groot verskil gemaak. Miskien ook het gister ‘n paar spelers ‘n bietjie te veel op hulle nuwe iPads gespeel, wat hulle gister as geskenke ontvang het, en so kon nie vandag konsentreer nie.

Gelukkig het Saracens 13-6 gewen so was ons bly toe ons verlaat het om huistoe in die koud te probeer gaan.

'n Kameel in 'n slee...

'n Kameel in 'n slee...

Miskien gebeur iets, ek week nie

Miskien gebeur iets, ek week nie

Ons is baie koud

Ons is baie koud

Wemberlee, Wemberlee! *

Gister het ek Wembley toe gegaan om die Arsenal-Chelsea wedstryd in die FA Cup te sien. Dit was die eerste keer dat ek voetbal by die nuwe Wembley gesien het – in 2007 het ek Metallica en Muse daar sien speel en ook Arsenal op ‘n paar keer in 1999 en Guns N’ Roses in 1992 gesien.

Die eerste ding is net hoe indrukwekkend en modern die nuwe stadion is, so veel beter as die ou Wembley. Ons sitplekke was baie hoog maar ons het ‘n fantastiese uitgsig gehad. Natuurlik is Emirates Stadium (Arsenal se huis) veel beter, en nader my huis, maar as jy op Olmypicpad na die stadion toe loop, raak jy baie opgewonde.

Die ander ding is dat dit nou baie makliker is om na die wedstryd weg te gaan. Voorheen moes jy voor die einde van die wedstryd of gig verlaat sodat jy die moltrein kan vat anders moes jy wag tot een uur in ‘n lang ry op pad na die moltreinstasie toe. Gister was ons op die moltrein binne tien minute en in die kroeg in Shoreditch binne 45 minute.

Ongelukkig het Arsenal verloor maar dit het nie my verbaas nie. Ons was sonder ‘n paar belangrikste spelers en ons het nie baie goed gespeel nie en het te veel foute gemaak; na my mening het Chelsea net ‘n bietjie beter gespeel maar hulle het meer doele gekry. Ons het ‘n lekker tyd gehad en het gedrink, gelag, gevloek en gesing oor die algemene onderwerpe – wie speel goed, wie speel sleg, wat die club moet doen ens. Jy wil hê dat jou span wen, maar dit het nie gister gebeur nie. Daar’s altyd meer wedstryde.

En ja, daar’s foto’s.

Arsenal fans, thousands of them.

Ons sit in die hemel.

* Dis die fans se uistpraak