Tag Archives: Van Coke Kartel

Ver van Suid-Afrika maar lekker te hore

So Vrydag en Saterdag het Francois van Coke akoestiese solo gigs hier in Londen vir ‘n klein aantal fans en vriende gespeel. Dis ‘n seldsame geleentheid om Francois se debut solo album te bevorder vir fans in die buiteland en ook, ek vermoed en hoop, ‘n geleentheid om ‘n kort vakansie te hou.

Jedd Kossew en Francois van Coke

Jedd Kossew en Francois van Coke rock uit met akoestiese kitare uit

Natuurlik het ek na beide gigs toe gegaan en natuurlik gaan ek op my eie want Suid-Afrikaanse vriende is altyd besig en kan nie kom nie. Ek is weer die eensame Brit en Engelssprekende oke wat gaan, wat sukkel om die lirieke te volg behalwe vir die Fokofpolisiekar liedjies wat ek veel beter ken. Ek is gelukkig tog om te weet dat daar nog ‘n paar Suid-Afrikaanse kroeë in Londen is wat Suid-Afrikaanse bands hierso wil bring.

Ná die gigs gesels Francois en Jedd met fans toe hulle onder die fans dwaal. Ek dink oor hoe hulle voel, om hierso te kom waar baie min mense hul musiek ken aangesien dat hulle groot terug in Suid-Afrika is. Hieride gigs voel seker meer intiem en hulle doen klank en dit lyk asof hulle daarvan hou.

Buite Suid-Afrika is Afrikaanse musiek populêr in Nederland wat verstaanbaar is. Jack Parow kom volgende maand Londen toe speel waarna ek baie uit sien en hy speel dikwels ook in Nederland so bestaan daar ‘n mark. Maar meer as tien jaar ná Fokofpolisiekar se eerste album uitgegge is, mense vra nog waaruit die nuwe Afrikaanse rock bands kom. Ons wil nuwe musiek hoor so is die vraag vir hoe meer langer het ons nodig vir nuwe bands wag.

Van Coke Kartel, weer

Gisteraand het ek weer Van Coke Kartel by Shepherd’s Bush Empire gaan kyk, die derde keer in tien dae. Ja, ek lyk niks ander te doen as om die hele tyd hulle te gaan kyk nie, maar hulle speel baie selde in Londen so jy kan verstaan hoekom. Hulle het met Springbok Nude Girls gespeel maar na Van Coke Kartel gespeel het, het ons net gesels en gedrink en so het baie min van Springbok Nude Girls gesien so kan ek nie sê of ek van hulle hou nie. ‘n Baie pret aand en om met vriende uit te hang.

Soos gewoonlik onder is een van my nuwe video’s op my youtube blad.

Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel

Vrydagaand het Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel in Londen gespeel, wat baie cool was!

Voor die gig het ons gepraat oor hoe min advertensie daar was vir die gig. Daar was artikels in die Suid-Afrikaanse koerante maar ons het niks meer gesien nie. Dit was beslis ‘n groot jammer want ek dink hulle kon baie maklik veel meer kaartjies verkoop het – ek het vir sewe vriende oor die gig vertel en hulle almal het kaartjies gekry so was dit lekker om met tjommies uit te hang.

Soos ek vroeër geskryf het, het ek Van Coke Kartel Woensdag gesien maar hierdie keer was dit gewone gig en nie akoesties nie so was hierdie gig anders en vol energie. Hulle speel komende naweek weer met Springbok Nude Girls en ek het reeds ‘n kaartjie gekry.

Ek het Fokokfpolisiekar op twee kere in 2006 in Londen sien speel en ken hulle albums beter as Van Coke Kartel s’n so was ek baie opgewonde om hulle weer te sien. Die gig was fantasties maar dit was net ‘n jammer dat hulle nie meer diwkels speel nie. Ek het gedink om Amsterdam toe te gaan vir Saterdag se gig maar toe besef ek dit net te duur sou wees en ek is nie seker of ek die regte beslissing gemaak het nie. Na die gig het Francois ook my kopie van Biografie Van ‘n Bende: Die Storie Van Fokofpolisiekar geteken wat baie cool van hom was en hulle almal lyk baie gawe mense.

Op een manier is hulle ‘n bietjie ongelukkig dant hulle sing in Afrikaans sing so kry hulle nie die aandag of die herkenning wat hulle verdien nie veral buite Suid-Afrika. Ek weet Van Coke Kartel speel met groot internasionale bands maar na my mening is die twee bands soveel beter as veel ander, meer suksesvolle Amerikaanse of Britse of Engelstalige bands wat ons almal hoor. Soos ek gesê het, was daar baie min bevordering vir die gigs en ek dink die promoters het net op die Suid-Afrikaanse gemeenskap gefokus, wat nog die Suid-Afrikaanse koerante in Londen lees. My Suid-Afrikaanse vriende het niks oor die gig gesien nie dus moes ek vir hulle vertel en ek glo daar is veel mense wat sou wou gekom het (is só ‘n konstruksie moontlik in Afrikaans?) as hulle geweet het. Mense hier ken vir Die Antwoord (ek is nie fan nie) maar hulle het nie die impak hier gemaak as wat mense verwag het nie en ek dink hierdie bands kan meer suksesvol word.

Ek het ‘n paar video’s op Youtube afgelaai so kyk na my bladsy youtube.com/lex3000.

Van Coke Kartel

Jammer dat alles so stil gewees was, het ek hierdie maand baie hersiening gedoen vir my eksamens wat baie moeilik was so vermoed ek ek het gedruip. Ek kan September hulle weer skryf as noodsaaklik.

Gisteraand het ek Aardvark toe gegaan om Van Coke Kartel te sien, hulle het ‘n klein akoestiese gig gespeel. Hulle en Fokofpolisiekar speel môreaand in Clapham en ja, ek het ‘n kaartjie gekry.

Die gig was baie pret en ek het ook ‘n bietjie met Francois gepraat wat baie cool was. Ek het onlangs nie veel Afrikaans gepraat nie so was dit goed om dit weer te oefen.

Onder is ‘n video, hulle het ‘n cover van Fokofpolisiekar se “Ek Skyn (Helig)” gespeel.