Tag Archives: The Sisters Of Mercy

Terug in Leeds

Woensdag het ek Leeds toe vir The Sisters Of Mercy gigs gegaan, wat baie pret was. Dit was ook ‘n geleentheid om weer vriende uit België en Duitsland te sien en om lekker uit te hang. Kyk na die foto’s en jy kan amper niks sien nie, net donker ligte, room en die skets van lywe. Ek het ook beloof om ‘n resensie te skryf so nou moet ek dit doen voor ek Brussel toe ry.

Ek was op universiteit in Leeds – die ware universiteit, nie die poly nie – so dis goed om af en toe terug te gaan. Duidelik het die stad verander en hernieu en daar’s nou bars, restaurante en modiese winkels en mense lyk baie deftig. Terselfdertyd sien jy hoe arm veel mense is, bestaan daar nog ware armheid. Daar’s veel mense wat The Big Issue verkoop en dis koud en jy is bewus net hoe meer gelukkig jy is as hulle. Ek onthou nie ‘n keer toe dit so arm soos nou gelyk het nie. Die sentrum is vol nuwe geboue, woonstelle en winkels, maar meeste winkels verkoop goed wat niemand nodig het nie en baie winkels is toe. Ek kan dieselfde ding oor Londen sê en miskien is die makikler om op te merk as jy in ‘n verskillende stad as in jou eie is. Ons almal voel die impak van die resessie en die huidige geldelike moeilikhede.

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

Ek is ongelooflike opgewonde!

Ek is so opgewonde, The Sisters Of Mercy make Sonisphere their first UK festival in 20 years!

Ek het reeds my kaartjie gekoop want a) ek gaan elke jaar, b) ek wil die “Big Four” – Metallica, Megadeth, Slayer en Anthrax – sien, c) Mastodon speel ook en d) dis nie ver van Londen af dus is dit maklik om heen te gaan.

Ek kan nie begin beskryf net hoe cool dit is vir my nie.

‘n Paar dae vakansie

Volgende week begin my CIMA kursus weer, so sal ek buite die kantoor in die dag wees. Ek word nou eintlik ‘n bietjie opgewonde, ek wil net begin studeer en ‘n studie plan maak.

Hierdie maand vat ek ‘n paar dae verlof en gaan Leeds, Brussels en Tilburg toe. Dieselfde rede soos altyd, ek gaan The Sisters Of Mercy sien speel – ja ek was ‘n goth toe ek jong was. Dis altyd baie lekker om vriende uit VK, België en Duitsland weer te sien en om saam uit te hang. Ek glo België is die land wat ek die meeste kere op vakansie besoek het. Ek sal by vriende in Gent kuier en as ons tyd het, kan ons hopelik Brugge of een van die ander mooi Vlaamse stede besoek.

In Maart gaan ek weer weg, hierdie keer na Luxembourg en Parys toe met die Eurostar. Ons bly vir net een aand in elke plek so sal nie veel kan sien nie. Ek het een keer deur Luxembourg op die trein gery so dis die eerste keer om die land en dorpies te sien. Dit sal my derde keer in Parys wees maar ek het nooit die beroemde toeriste aantreklikkhede gesien nie so moet ons beslis die Eiffeltoring of die Arc de Triomphe sien maar ek besef ook dat die kans is, sal ek waarskynlik net die kroeë en bars sien. Dis hoe ek rol.