Tag Archives: Spoegwolf

Spoegwolf kom weer speel

Saterdagaand het na Camden gegaan om Spoegwolf te kyk. Dit was die tweede keer binne één jaar dat almal kom speel het as ‘n deelte van hulle Europese toer van Amsterdam, Dublin en Londen. Seker g’n groot internasionale toer nie maar ‘n band en ‘n fan kan nie kla nie as hulle in die buiteland speel en besonderlik as jy in Afrikaans sing.

Die advertensie vir Spoegwolf

Die advertensie vir Spoegwolf

Dit was merkbaar dat veel. minder mense kaartjies gekoop het, maar die atmosfeer en die crowd was nog steeds baie entoesiasties en wou hard partytjie hou.

Twee Afrikaanse outjies het saam met me gekom, wat nie vooraf oor die gig geweet het voordat ek vir hulle gesê het so miskien is my rol net om die woord ver en wyd te versprei.

Die  bass gitaar-spele sing

Die bass gitaar-spele sing

As ek verlede jaar geskryf het, klink Spoegwolf anders as rock musiek uit Europa of Amerika. Ek verwys nie na die taal nie, maar na die styl. Hoor ek ‘n bietjie die invloed van volksmusiek in die struktuur van die liedjies? Klink só al die bands wat op die plattelande van die nuwe wêrelde speel? Ek is geen kenner of navorser van daardie musiek nie, maar ek hoor iets anders wat spring en dans miskien soos tradisionele volksdans-musiek. En ‘n oorpak is beslis baie anders, maar hulle het hul eie styl en ek mag nie kritiseer nie.

Die lig skyn te veel

Die lig skyn te veel

Ons drie vra, waarvandaan kom al hierdie Suid-Afrikaners? Hulle is veel jonger as ons so ons ken niks oor hierdie generasie mense in buiteland nie. Ons sien hulle nie in Londen nie en hulle bly ‘n raaisel. Hoe gaan ek hulle vind?

Spoegwolf speel in Camden

Spoegwolf speel in Camden

Jy wag al jare lank voordat een Afrikaans band om te kom speel, dan kom ‘n band speel

Wie is Spoegwolf? Ek het myself só gevra toe ‘n vriend vra of ek hulle wil gaan kyk. Hoe het ek nie al geweet dat ‘n Afrikaans rock band na Londen kom nie? En hulle speel in Camden, die hart van die cool buurt van die stad met al die bars vol musiek en drinkers.

Spoegwold speel in Londen

Ek staan by die bar om ‘n paar drankies te koop en ek luister na almal wat gesels. Ja hulle is jonger as ons en hulle praat graag Afrikaans met vriende, met nuwe vriende wat hulle net nou gemaak het, en met vriende wat hulle nie vroeër geweet het dat nou ook in Londen bly nie. Dis ‘n plesier om so ‘n gebeurtenis by te woon. Die pandemie is ver weg en die recessie is nog nie op die horison nie.

Wat van Spoegwolf? Ja ek het dit baie geniet. Mense skryf dikwels oor energie of gees of soiets en ek is onseker soms wat hulle bedoel. Maar hulle speel liedjies wat die crowd laat sing en dans. Hulle is meer melodies dan ek verwag het. Hulle klink nie soos die Britse of Amerikaanse indie rock band waarna ek gewoon luister nie. Hoe beter kan ek beskryf? Na my (baie onbepaalde) mening, klink hulle soos ‘n outback band uit Australië. Natuurlik klink hulle anders weens Afrikaans, maar hulle klink soos rock musiek uit ‘n warm land. Daar’s duidelik ‘n goeie rede hoekom ek g’n musiek joernalis is nie, nè?

Ek is baie gelukkig dat ek besluit het om te gaan. Afrikaans musiek, ‘n nuwe Afrikaans band om te luister, en die kennis dat daar nog veel Afrikaanssprekers in die stad is.