Verlede week het ek ‘n konseert van Francois van Coke en Karen Zoid in Londen bygeweoon. Hierdie jaar het nour ek na drue Afrikaans mnusiek konserts in Londen gegaan. Dit is seker iets wat ek baie waardeer, sonder om na Amsterdam te moet ry alhoewel ek altyd die reis geniet. Die lokaal is klein en nie so vol soos die Fokofpolisiekar gig nie, maar dis vrydagaand wat die rede lyk te wees.
Ek het Karen Zoid vooraf gesien op die legendariese Immergroen muskiekfees, ‘n ervaring dat nooit vergeer sal word nie. Ek lees my artikel of resensie en daar dieselfde staanpunt bly; sy praat-praat tussen die liedjies in plaas daarvan om meer liedjies te sing en ek verkioes die Afrikaans liedjies bó dié in Engels. Maar vir die publiek, wat blyk amper heeltemal Afrikaans te wees, is sy legendaries en ‘n ikoon.
Vaanaand is die dertiende keer toe ek Francois van Coke sien sing het, op sy eie of me Van Coke Kartel en Fokofpolisiekar. Hy lyk nou jonger of meer gesond as twintig jaar gelede toe ek op die eerste keer Fokofpolisiekar gesien het. Die lewew is goed vir hom; hy is vol energie, hy spring op die verhoog en hy gesels ook met die publiek. Sy solo liedjies voel miskien meer pop as VCK or FPK. Dis nie so hard nie, die melodies is anders en die musikante in sy band, die Gevaar, is jonger. Die twee sangers het saam ‘n paar liedjies gesing, die groot treffers wat almal ken. En toe is alles verby,
Dit lyk ‘n bietjie vreemd dat musikante wat groot sterre in hul eie land is, amper heeltemal onbekend is in Londen. Op sosiale media sien jy hulle soos toeriste in die stad rondloop en foto’s neem sonder dat die ander toeriste en Londenaars hulle herken. Anoniem miskien, maar dis beslis ‘n goeie bederf vir ons.