Die Statebondspele

Ek sit vanaand en kyk na die Statebondspele in Glasgow op die televisie en volgens die internet doen ook veel vriende dieselfde ding. Ek hou baie van internasionale sporttournooi soos die Olimpiese Somerspele 2012 en die onlangse Sokkerwêreldbeker. Ek is bly om na die televisie vir ure te kyk!

Hierdie spele is anders, net lede van die Statebond deelneem, so vir buitelanders lyk dit vreemd. Veel mense skryf oor hoe die Statebond ‘n anachromisme is, hoe dit ons Britte laat voel dat ons nog ‘n ryk hê. Hierdie tipe kritici wys hoe min mense weet. Dit help nie dat op die Afrikaans Wikipedia die Statebond verkeerd as die Britse Statebond genoem word nie; die naam is in 1978 verander. Dit verduidelik die probleem; mense verstaan nie so skryf dit aan die idee toe dat ons nie aan die verloor van ons ryk gewoond is nie. Dus is ons – Britte en Engelse, want die Noord-Ierse, Skotte en Wallies word nooit in hierdie kritiek ingesluit nie – skuldig aan om die baas te aanhou wees. Dis makliker om nie te kyk wat die regte inligting is nie en in sy plek kies die inligting wat jy dink reg is. Dis net luiheid.

Ek kyk nou die eindewedstryd in die rugby sewes tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika op die televisie. Dit lyk dat mense omgee. Omtrent 50,000 mense sit in die stadion in die reën en juig en skreeu. Dis belangrik vir die spelers en die fans.

Die spele is ook belangrik want binne twee maande gaan Skotte stem in die referendum oor onafhanklikheid. Die vraag is, gaan die sukses van die spele ‘n invloed op die uitslag van die referendum? Sal die spele Skotte meer optimisties en trots laat voel sodat hulle sal stem om onder hul eie stroom te vaar? Of voel hulle ‘n gedeelde ervaring en identiteit met die drie ander deellande in die Union? Ons moet tot 19 September wag om uit te vind wat gaan gebeur maar vir nou lyk dit dat Skotland die spele wil geniet voor hulle hul finale beslissing maak.

Die Blitzbokke het die eindestryd gewen. Dis die eerste keer dat Nieu-Seeland nie gewen het nie. Hulle het fantasties gespeel en niemand kon pla nie, hulle is die nuwe kampioene en verdien dit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam