Daily Archives: 24/09/2013

London Open House – the ambassador’s reception

Hierdie naweek het London Open House plaasgevind en hierdie jaar was die ambassades van Nederland, die Tsjeggiese Republiek, Slowakye en die Vlaamse Gewes se Kantoor oop vir die publiek om in te kom en om te ronddwaal.

Dit blyk dat die personele die ervaring baie geniet het. Hulle het daarvan gehou dat mense kom besoek het en hulle kon oor hulle werk en land praat met besoekers wat belangstel. Hulle wou met almal praat, hulle was so trots op hulle ambassades en wou hê dat ons almal die toer geniet het. Die Tsjeggies en Vlaminge het gratis bier vir besoekers verskaf maar die Vlaminge het gepla dat die Tseggies het hulle idee gesteel om bier weg te gee!

Maar ek het ook baie jammer vir sommige van die jong vroue gevoel want veel old duffers het besluit hulle moes vra-vra – en oor amper enige onderwerp. Ek vermoed dit was hulle enige kans om saam met ‘n mooi jong meisie te gesels. “So watter gebou het op hierdie bouterrein gestaan voor die huidige ambassade vyftig jare gelede gebou is?”. Hoekom moet sy weet, sy is maar vyf-en-twintig jaar oud Slowaak? “Dit lyk baie brutalist, maar as jy binne-in kom, voel dit baie sag”. Moenie pronk nie. “Waarvandaan kry ek ‘n my trein kaartjie as ek gaan besoek?”. Sy is nie ‘n reisagent nie, sy is ‘n slim en hoogte gekwalifiseerde diplomaat! Hulle wou net die jong vroue opchat en beïndruk.

Ongelukkig was daar geen Ferrero Rocher vir ons nie en dit was seker nie die ambassade se partytjie nie. Ons kon nie sê hy het ons bederf nie.

Die vlag van Vlaandere

Die vlag van Vlaandere

Jan Bočan, Tsjeggo-Slowake argitek

Jan Bočan, Tsjeggo-Slowake argitek

'n Kas vol Ferrero Rocher

‘n Kas vol Ferrero Rocher

'n Gratis bier

‘n Gratis bier

Die Ambassade van Slowakye

Die Ambassade van Slowakye

Die Ambassade van Nederland

Die Ambassade van Nederland

Beatrix van Nederland

Beatrix van Nederland