Daily Archives: 09/09/2013

Webblad saak

Ek dink nou dis tyd om hierdie webblad op te dateer. Ek gebruik WordPress maar ek lees ander mense se blogs en sien hoe veel beter hulle s’n is – die styl en formaat, nie die skrywe natuurlik nie. Ek besef ek moet dieselfde tipe plugins of widgets aanlê, laai verskillende tema’s af en gebruik moderne style en foto’s om dit meer interessant te maak. Die enigste probleem is dat ek so min oor technologie en rekenaars ken so sukkel ek ewe om die aanwysings te verstaan en volg, en ek vergeet altyd al die regte wagwoorde.

Dit laat my dink waaran ek met hierdie webblad wil bereik. Die belangrikste doelwit is om my Afrikaans te oefen. Ek hou baie daarvan om te skryf, om in Afrikaans te dink en om te verbeter. Ek het onlangs ‘n paar Afrikaanse boeke gelees wat ‘n groot indruk gemaak het, ek het soveel nuwe woordeskat en grammatika konstruksies geleer.

Maar hoe meer ek leer, hoe op ‘n meer gereelde basis moet ek skryf. Ek is nie skrywer nie so sukkel ek om goeie onderwerpe waaroor te skryf; okei ek weet professionele skrywers het dieselfde probleme maar hulle raak gewoonlik betaal, dis nie net ‘n stokperdjie vir hulle nie.

Die ander ding is hoe ek my blog wil bevorder. Ek lees Twitter maar stel geen belang daarin om te tweet nie maar Twitter is blykbaar die beste weg om nuwe lesers en ander leerders te vind. Ek moet dus besluit hoe “suskesvol” ek wil hê dat my blog sou word, watter tipe lesers ek wil kry.

Ek lees elke dag Afrikaanse goed aanlyn en op my slimfoon maar dit tipe leesstof wat my interesseer is oor fetlike onderwerpe, wat verduidelik hoekeom ek so veel van die Afrikaans Wikipedia hou – en ek het onlangs nuwe artikels, of saadjies, gepubliseer.

Ek dink ek moet ‘n nuwe projeck vind, miskien iets wat nie aan Afrikaans verwant is nie, miskien om ‘n nuwe taal te leer sodat ek waaroor kan skryf. Ek dink nou om die oomblik oor ‘n Afrikaans wetenskapfiksie kortverhaal te skry en skryf neer idees. Ek is geïnspireerd deur kortverhale op my Kindle te lees en dit sou ‘n groot uitdaging wees om ‘n paar duisdend woorde in Afrikaans te skryf. Natuurlik is al my idees net dié wat ek in iemand anders se boek gelees het maar ek twyfel ek sou die eerste mens wees wat sy idees – óf uit ‘n blog óf uit ‘n boek – gesteel het.