Daily Archives: 30/05/2010

Altyd nooit genoeg Afrikaans nie

Jammer dat ek baie besig gewees was. Ek studeer nou vir my finale eksamen in finansiele rekeningkunde vir my CIMA sertifikaat (die basiese vlak) en dan begin ek weer nog ‘n paar jare. Ek wou die eksamen ‘n paar maade gelede skryf maar ek was baie lui en nou sukkel om alles weer te leer want ek het veel vergeet. Gelukkig is my Afrikaanse tjommie by werk ‘n rekenmeester so het hy vir my die dubbelinskrywingstelsel verduidelik en ek leer ook die Afrikaanse woorde. Dit het ‘n bietjie gehelp om die artikel in Afrikaans te lees want ek moes ‘n ware poging maak om te probeer verstaan en nie net sien woorde en karakters sonder om uit te werk wat die kombinasies bedoel nie. Ek is nie seker of ek gaan slaag nie en as ek druip dan kan ek dit weer skryf maar hoe langer dit neem om te slaag, hoe minder Sokker/Voetbal-Wêreldbeker kan ek kyk.

Nadat die eksamen het ek ‘n paar maande voor die voglende vlak so wil ek en ‘n vriend ‘n bietjie Spaans leer. Ek het vroeër daaroor geskryf maar ons het nou ‘n boek en begin beplan hoe ons gaan leer. Ek het Spaans op skool geleer en kan nog ‘n bietjie onthou. Ons wil ‘n sekere vlakte bereik so as ons ‘n bietjie op ‘n gereelde basies leer sal ons een dag ‘n gesprek kan hou en sal dalk ook uiteindelik Spanje en Gibraltar besoek. Miskien een dag, maar vir nou is my fokus op CIMA.