Die radio

Ek sit nou en luister na Adam and Show op Radio 6, wat elke Saterdagoggend uitgesaai word. Gewoonlik laai ek dit direk na my iPod af sodat ek kan luister as ek op die moltrein sit en ek lag en glimlag en ek dink die reisigers dink dat ek ‘n bietjie vreemd is.

Ek luister baie min na die radio – behalwe Today Programme as ek wakker word, wat bedoel dat ek nie meer jong is nie. Toe ek op skool was het ek altyd na die radio geluister om nuwe musiek te hoor en ek selde die televisie gekyk. Dis snaaks nou om te onthou net hoe dom en onsnaaks die DJs was en jy besef net hoe waar Smashie and Nicey (kyk op Youtube as jy ken nie) was. Daar was destyds minder radiostasies – en geen internet – so jy moes luister soos ‘n gevangene. Die enigste goeie DJs was Mark and Lard en ek moet sê dat ek nie oor John Peel omgegee het nie – ja ek weet so ‘n verklaaring is amper ontheiliging. Dit bevestig my geloof dat kultuur eintlik in 1993 begin het na ek skool verlaat het.

Ek het ook by WordPress ingeteken en dink om hierdie blog na WordPress te vervoer as ek weet om dit te doen. Wat dink jy, is WordPress beter as Blogger?

6 thoughts on “Die radio

  1. Johan de Vries

    Lex,

    hoekom skuif jy nie die blog oor na die afrikaanslondon website toe nie. WordPress is klaar daar opgestel, as wat jy hoef te doen is om alles van blogger af te import (wat ek vir jou sal doen natuurlik) en daar gaan jy.

  2. Muriel (Wipneus)

    Yes wordpress is ook lekker. Ek het my blogspot blogs alles in wordpress ingetrek, omdat hulle my blog gespam het. Eendag was my blogspot blog net weg!!! Dit was nog om dit terug te kry, want jy praat met rekenaar bots. By wordpress praat mens darem met mense!! he he

    Dis maklik na wordpress toe, kyk onder settings dan import jy net die blog!! Jy sal sien hy vra vir jou watter blog jy wil import!!

    as jy sukkel e pos my

    muriel at scene dot co za

    Groete

  3. Alexander

    Johan, ek vergeet afrikaanslondon.co.uk! Kan ek hê dat as mens kyk, verwys al drie addresse na net een webblad? Laat my weet.

  4. Alexander

    Muriel, dankie vir die inligting ek sal kyk. Ek net een blog maar ek versamel addresse!

  5. Johan de Vries

    Jy kan alles na afrikaanslondon to laat poit, jou blogspot, en ek dink selfs jou wordpress ook.

    Ek het gister gekyk, en alles werk nog op afil website. Al wat jy moet doen is om die posts te import. SAl voorstel dat jy wordpress update na die nuutste weergawe toe (okay, ek sal dit vir jou doen… 😉

    Al wat ek nodig het is die signons vir die ftp (waar jou site gehost word, dan kan ek die nuwe weergawe van WP opsit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam