Daily Archives: 19/03/2009

Battlestar Galactica en TV

Ek weet nie wat jy op die TV kyk nie, maar na my mening is (die nuwe) Battlestar Galactica een van die beste programme ooit. Ons het net in Oktober BSG begin kyk en het al die vier en helfe seisoens nou gesien. Dis nie net sci-fi nie, dis soveel beter. Dit het alles – politiek, teologie, drama, oorlog, terrorisme, menseregte ens en dit lyk fantasties. Elke episode bring iets nuuts, iets vreemd. Daar’s ‘n baie goeie artikel in vandag se The Guardian. As jy nog verskil, dan jy’s verkeerd!

Soos veel mense kyk ek nou DVD boxsets en selde die programme wanneer dit op TV uitgesaai. Nou laai ek episodes af om op op my iPod op te laai sodat ek op die moltrein kan kyk. Natuurlik is dit ‘n probleem as ek hard glimlag as ek na ‘n komdie kyk en niemand weet hoekom nie.

Nou word die laaste episode Dinsdag uitgesaai word. Ons sal die waarheid uitvind wat hopelik alles sin sal laat maak. Soveel vrae, soveel moontlikhede en soveel wat nie meer sal wees nie. Sal dit so goed wees soos ons verwag? Ja, beslis. En as nie, wel sal ek bet die DVD weer kyk. Daar’s nog The Wire om te kyk.

En as iemand weet of daar (goeie) Afrikaanse sci-fi bestaan, laat my weet. Eben het vir my oor Interster gesê maar ek het dit nooit gesien nie. Miskien sal ek moet begin skryf.