Daily Archives: 16/03/2009

Vandag skyn die son

Vandag vier ek elf jare in die Engelse Gesondheid Department. Hoe lekker dit is om te droom…

Vrydagaand het ek Christine van SisTV in die kroeg ontmoet. Sy’t vir my ‘n paar Afrikaanse koerante gegee, al plaaslike nuus in Noord-Kaap. Dis interessant om hierdie klein koerante te lees want gewoonlik lees ek nooit die plaaslike koerante wat ek ontvang nie. Dit was baie goed weer om die taal te praat want ek praat dit tans baie selde en so ek moet nou meer Afrikaners in Londen vind.

En ja, vandag skyn die son en dis baie mooi.