Rolprente en die bioskoop

Ons het hierdie naweek na die biskoop toe gegaan omdat ons Cineworld kaartjies (‘n tipe seisoen kaartjie) het dus mag ons gaan so veel soos ons wil. Daar’s ‘n paar bioskope naby ons of in die stadsentrum wat ons besoek en dis goedkoop vermaak en dit maak ons gesofistikeerd lyk – wel soms as ek Duitse rolprente sien want ek hou gewoonlik van onvolwasse komodies en domme aksie rolprente.

Vrydagaand het ons Role Models gesien. Beslis is dit nie die slimmste rolprent nie maar dis baie snaaks en hulle – die volwasse mense en die kleintjies – vloek-vloek die hele tyd en ons het hard gelag. ‘n Lekker komodie vir die eerste week in die jaar wanneer niemand terug by werk wil wees nie en die weer is sleg.

Vandag het ons Slumdog Millionaire gesien. Wow! Wat ‘n briljante en wonderlike rolprent. Ek kan niks meer sê of begin beskryf net hoe fantasties dit is nie. Jy moet dit sien.

One thought on “Rolprente en die bioskoop

  1. Johan de Vries

    Nie een van die 2 flieke staan my aan nie. Ek is meer n donder, skiet, skop, en aksie fliek ou.

    Ek hou van die website, smaak my jy werk nou nogal deel baie daaraan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam